Ek het weens 'n onbemande, onafgebakende stop-ry-stelsel op die N12 buite Potchefstroom, op pad van Johannesburg af, teen 'n hoë spoed die geskraapte en onbegaanbare teer "pad" getref, wat veronderstel was om toegemaak te wees.
Dis 'n wonder dat ek nie 'n band gebars en my kar afgeskryf het nie.
Die stop-ry-stelsel funksioneer in die week, maar blykbaar pak hulle oor naweke op en laat die N12-gebruikers weerloos oor aan genade. Dit moet onwettig wees en is absoluut onaanvaarbaar.
Ek't dit reeds aan my raadslid gerapporteer, maar dié is uitstedig.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.