Herman Toerien

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Onafhanklike kommentators en kritiek

deur Herman Toerien
2012-01-30 13:32

In vandag (Sondag, 29 Januarie) se Rapport spoel Gareth van Onselen, direkteur van politieke navorsing van die DA, in persoonlike hoedanigheid sy mond uit oor onafhanklike (politieke) kommentators.

Dat hy die regte antwoord kry – dat daar goeies en slegtes is – is ‘n sommetjie waarby hy heel toevallig uitgekom het. Sy stellings spreek van soveel onkunde dat sy artikel eintlik maar soos ‘n skoot donshael is wat hy blindelings afgevuur het.

Dit sou help as hy bietjie name by sy kritiek geplaas het. Nou moet elkeen raai aan wie se adres die kritiek gerig is.

Dus, eerder as om te verweer en dit dalk onnodig te doen, wil ek ‘n bietjie die sluier lig oor die werksomgewing van die onafhanklike kommentator.

In die eerste plek is slegs ‘n handjievol bevoorreg genoeg om so sterk in die mark te wees dat hulle hul uitsluitlik hierop kan toelê, en boonop spesialiseer. Die meerderheid moet ook ander ysters in die vuur hê om die pot aan die kook te hou, en sommige van hierdie ysters kan die persoon se onafhanklikheid onder verdenking plaas. Die uwe help byvoorbeeld een van die kleiner partye, en boonop ‘n sterk beginsel-gedrewe party, met nuusverklarings. Dit is dus belangrik om te beklemtoon dat die produkte van kommentaar, onafhanklik is.

‘n Onafhanklike kommentator het nie die luukse van ‘n span wat help om sy produk met inligting te pomp soos ‘n redakteur wat ‘n hoofartikel skryf nie. Hy moet dus ‘n goeie algemene kennis hê, en as sy insig hom in die steek laat, is hy ‘n honger kommentator. Voorts moet hy blitsig kan navorsing doen, veral as hy daagliks meer as een kommentaar aan verskillende kliënte lewer.

Dis nie so maklik as wat dit klink nie. Selfs in groot koerante waar daar ‘n kollektief van kennis saamgevat is, slaan “seksies” en “afdelings” van wette in plaas van “artikels” soos masels uit. Parlementslede se steles het dikwels “sitplekke” geword. As die kollektief so voeling met terminologie verloor, hoeveel te meer sal die enkeling nie aan taalverwaarlosing en dus onbemarkbare produkte uitgelewer word nie?

Verlede jaar het die persombudsman tydens ‘n werkwinkel met nuusredakteurs sy mond uitgespoel oor die swak vlakke van algemene kennis van (sommige) nuusredakteurs. Die onafhanklike kommentator het dus nie net die probleem van beoordeling van wat kommentaar verg nie, maar ook die kliënt se persepsie van wat nuuswaardig is.
 
En dan, onafhanklike kommentators het ‘n baie breë gehoor van lesers en luisteraars. Of die kommentaar nou in die gedrukte media verskyn, of oor ‘n radiostasie uitgesaai word, dit beland gewoonlik soos by ‘n webgedrewe kliënt ook op die internet. Behalwe die ernstige kommentaar wat lesers daar lewer, is dit ook die baljaarplek van mense wat werklik niks anders doen om as verskuil agter skuilname sit en vitrioel uitdeel nie.

Om daardie “bydraes” bloot te ignoreer is ook nie wys nie. Dis soms verstommend hoe hierdie produkte op die internet “gelig” word en elders weer geplaas word (dikwels sonder enige erkenning) en daar weer aan ‘n spektrum kommentare blootgestel word. Persoonlik streef ek daarna om so min as moontlik negatiewe kommentaar te ontlok ongeag of dit op ‘n regse, linkse of enige ander webwerf te trek. Dit bied die beste toets vir onafhanklikheid.
 
Ideaal gesproke is die onafhanklike kommentator gesteld op vaksuiwerheid, maar so ‘n kommentator is ook geneig om ‘n honger kommentator te wees. ‘n Bietjie omstredenheid om die lesers op hul tone te hou is dus deel van die arsenaal, maar om soos Deon Maas by Rapport sommer gou die trekpas te kry, is ook nie wat kos op die tafel sit nie.
 
Vaksuiwerheid, veral in die verskillende politieke wetenskappe, is amper gewaarborg om die weerlig te trek, want die politiek self is waarskynlik die mees irrasionele veld wat bestaan. Woensdag word die 15de herdenking van die wettiging van aborsies in Suid-Afrika gedenk, en na raming is sowat ‘n miljoen wettige aborsies sedertdien uitgevoer.

Sowat 98% van die “openbare deelname”-proses vir die wetgewing het voorleggings van teenkanting opgelewer, en peilings toon dat verreweg die meeste Suid-Afrikaners daarteen gekant is. Nogtans is daar uit die 400 lede van die Nasionale Vergadering waarskynlik net ses parlementslede wat in partye is wat konsekwent teen aborsies op aanvraag is.

Kortom, die onafhanklike kommentator wat gevoelig is vir die werklikheid, tree oor ‘n wye spektrum kwessies op politieke partye se tone – en uiteraard die media wat daardie partye openlik of subjektief steun.
 
‘n Aanname dat ‘n politieke kommentator noodwendig ‘n kritikus is (swartgallig of nie) is ‘n ongelukkige een. Wat is die werklikheid waarop die kommentator reageer? Suid-Afrika het pas tot die 42ste posisie op Verslaggewers sonder Grense se persvryheidsindeks teruggesak nadat die land onlangs nog die 21ste plek beklee het. Suid-Afrika sak op omtrent al wat saakmakende indeks is – korrupsiepersepsieindeks, innovasie-indeks...

Is die nuus sleg, is die kommentaar nie noodwendig opgewekte musiek nie. Maar dis komplekser as dit – sosiologies reageer gemeenskappe ook op werklikhede – na die opgesweepte euforie van ‘n wêreldsokkerbeker tree die werklikheid van slaggate en misdaad weer in, en ‘n fase van post-euforiese trauma of depressie tree in. ‘n Onafhanklike kommentator wat dit ignoreer is uit voeling met die werklikheid of minstens die persepsie van die werklikheid. Daar is natuurlik niks verkeerd mee om die silwer randjie te soek en uit te lig nie, maar ignoreer hy die werklikheid in die proses verdien hy geen geloofwaardigheid nie.
 
‘n Politieke party en sy navorsers kan wyd hou oor emosionele kwessies wat sekere groepe kan vervreem, soos plaasmoorde. Ja, gaan kyk maar op die internet hoeveel partye het bitter lanklaas of ooit iets hieroor uitgereik, of dit na provinsiale woordvoerders gedelegeer. Maar die onafhanklike kommentator het nie die luukse van selektiewe kommentaar nie.

Hy kan nie, soos ‘n groot koerant se redakteur enkele jare gelede in sy hoofartikel, bepaal dat aborsies nie meer deel van die openbare debat is nie.
 
Dit is behoorlik deel van die openbare debat, en speel ‘n kernrol in die komende Amerikaanse presidentsverkiesing. Maar dit beteken die onafhanklike kommentator het reeds minstens een kliënt minder wat sy produk gaan aankyk.

‘n Ware onafhanklike kommentator sal wanneer hy sy produkte vir sy kliënte stuur, dit terselfdertyd aan ‘n groep vakkundiges van verskillende vakgebiede en belange-organisasies stuur sodat hy deurlopend geëvalueer word en gou reggehelp word as hy ‘n vak-flater begaan, of met feite in die duister tas.
 
Opsommend. Die onafhanklike kommentator weet nie van die son wat hom in die bed betrap nie. Wanneer die ander mense nog slaap, het hy al ‘n rits plaaslike media en oorsese media deurgegaan om te bepaal watter onderwerp of onderwerpe kommentaar regverdig.

‘n Ruk later het hy die nodige bronne geraadpleeg, hetsy uit sy eie boekrak, of deur die internet, of beide. Dan, teen die spoed wat dit ‘n ander neem om ‘n berig te skryf, is die kommentaar opgestel, taalkundig versorg, sinskontruksies vlot gemaak, en die kommentaar versend. ‘n Rukkie later is dit oor die lug uitgesaai, of reeds iewers op die rolpers.

Die vrye mark haal gou die swakkes uit. Soms gaan dit stadiger as wat dit moet, want sommiges is uitstekende selfbemarkers. Hulle weet hoe om die regte snare by redakteurs te roer, en dié subjektiwiteit laat die ongelukkig die indruk skep dat onafhanklike kommentators subjektief is of doodgewoon kaf skryf.
 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition Tiptronic 3-dr
2005
R 175,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.