Om deesdae te gaan fliek is net belaglik duur!
Vir my man, myself en ons dogter met springmielies, koeldrank en ’n boksie Smarties kos dit R380.
En dan kan ek nie eers 'n bietjie tussendeur 'n kommentaar lewer soos ek by my huis sou nie.
Nou huur ons twee Sondae per maand vier DVD's, spring groot houers popcorn, koeldrank ens.
En die DVD kan gestop word vir gou toilet toe gaan, 'n snackie maak ens!
Ons wag liewers so ’n paar maande vir die nuutste movies.
GESELS SAAM: Hoe gereeld gaan fliek jy of is dit net te duur? Deel jou mening hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.