Almal in Suid-Afrika kla oor die insleepdienste wat mense, insluitend ongeluk-slagoffers, intimideer, ander insleepdienste aanrand of mekaar se voertuie en uitrusting beskadig (Carte Blance 8 Julie 2012) en laastens, wat die brandweer en paramedici se taak bemoeilik deur die ongelukstonele toe te parkeer (Beeld).
Maak 'n wet wat alle insleepdienste verbied om binne 100 m van 'n ongelukstoneel te kom totdat die paramedici en die SAPD die toneel verlaat/ afgeteken het.
Verdere reëls kan insluit dat eienaars van voertuie self insleepdienste moet nader en nie andersom nie en geen insleepdiens mag sy voertuig by ‘n ongelukstoneel parkeer tensy dit ontbied is nie.
Indien ‘n voertuig geskuif moet word ten einde die ongelukstoneel te beveilig of oop te maak, en die eienaar/ bestuurder van die voertuig is nie instaat om self met ‘n insleepdiens te onderhandel nie, moet die polisiebeampte in beheer van die ongelukstoneel ‘n insleepdiens nader en die versoek rig.
Sodoende sal alles ordelik en binne beskaafde norme en standaarde asook wetlike vereistes verloop.
Wat dink jy? Stem jy saam met die skrywer? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.