Hoe gemaak met foutiewe rekeninge?
deur Vera B
2010-08-25 08:09
Ek gaan vandag vir die hoeveelste keer in 'n ry staan on my munisipale rekeninge uit te sorteer.
So kan ek rêrig nie meer aangaan nie.
Ons het twee maande gelede 'n munisipale rekening van 'n hele paar duisend rand gekry – baie meer as die gewone R600 of so. Aangesien niks by ons aan huis verander het nie, is dit duidelik dat iemand iewers 'n massiewe fout gemaak het met ons rekening. Maar dink jy ek kan dit uitgesorteer kry? Nie in Tshwane nie.
Ek het 'n maand gelede drie dae agtermekaar in 'n ry kom staan om die rekening uit te sorteer. Niemand weet wat aangaan nie. Ek word van die een ry na die ander gestuur, en elke keer moet ek weer tot voor beweeg, waarna ek weer weggestuur word na iemand anders.
As jy uiteindelik voor kom, moet jy jou probleem probeer verduidelik aan iemand wat op die oog af nie kan verstaan wat jy sê nie. Ek praat nie Afrikaans nie, en my Engels is goed. Nogtans verstaan amper niemand wat aangaan nie. Die mense wat wel verstaan wat ek sê lyk of hulle nie omgee wat met die situasie gebeur nie.
Dit was 'n maand gelede. Na 'n klomp gesukkel was die probleem uitgesorteer, en ek is verseker dat 'n regstelling gemaak is.
Verlede week kry ons weer 'n rekening, met dieselfde fout, plus verlede maand se paar honderd rand.
Nou is dit weer die tog na die munisipaliteit. Gaan ek dit ooit uitgesorteer kry, of gaan iemand net my krag kom afsny? Wie bel ek in so 'n situasie wat dit kan oplos? Ek gee op.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.