Ek het ‘n klein vakansieplekkie in Caesarstraat (in Pringlebaai) en beplan om in ‘n jaar of twee ‘n aftreehuis daar te bou.
Bobbejane word ‘n groot probleem. Alles wat gebreek kan word soos buite ligte moes al vervang word en as ons daar vakansie hou is dit erger as ons “agter slot en grendel” leef hier in Gauteng, want hier is daar ‘n moontlikheid dat ‘n skelm dalk sal inbreek, maar in Pringlebaai is jy seker die bobbejane sal elke dag inbreek as alles nie toe en op knip is nie.
Op ‘n warm dag kan jy nie eers waag om ‘n venster oop te los al is jy tuis nie!
Owerhede daar gaan wag totdat ‘n bobbejaan ‘n kind met ‘n vrug of lekkergoed in sy hand verskeur het voordat die werklike risiko van die probleem aanvaar word en dan is dit te laat.
Daar is vele troppe wat in die Kogelberg bly en natuurlik voortbestaan, maar in Pringlebaai is toegelaat dat hulle hulle vrees vir mense verloor omdat daar nie van die begin af opgetree is nie en daar wel mense was wat hulle gevoer het, nou word dit ‘n ernstige probleem, wat ongelukkig drastiese maatreëls gaan vereis om reg te stel.
Die optrede van die filmspan is laakbaar en die National Geographic-lesers gaan lekker om die bos gelei word met die “natuurlike en slim” optrede van die bobbejane en nie besef dat dit opgestel is nie, maar die inwoners sit met die nagevolge. Dit sal goed wees as ‘n Pringlebaaier die redakteur van die tydskrif inlig oor hoe die program gemaak is.
Ek voel daar moet doelgerig en ongelukkig in die begin met geweld teen die bobbejane opgetree word totdat die probleem omgedraai is en dan moet die maatreëls volgehou word totdat ‘n aanvaarbare gedrag weer by die bobbejane gekweek is.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.