'Moenie naby kinders rook'
deur JP
2010-08-18 14:56
Dit maak my woedend wanneer mense naby hulle kinders rook.
Ek het dit sopas weer besef toe ek gekyk het hoe 'n ma, met haar dogtertjie agter haar in die motor, met 'n sigaret in die mond sit in die verkeer, met haar venster net op 'n skrefie oop.
Dit gaan heeltemal my verstand te bowe dat mense nie bekommerd is oor hulle kinders se gesondheid nie, en dat hulle geen probleem het om hulle aan gesondheidsprobleme bloot te stel nie.
My voorstel is: as jy kinders in die huis het moet jy ophou rook, en klaar. Daar is geen verskoning nie.
Daar is 'n rede dat jy deesdae nie meer in werksgeboue kan rook nie. Dis sleg vir die mense om jou se gesondheid en dit kan allerhande negateiwe gevolge hê. Dis hoekom maatskappye dit nie meer in hulle geboue toelaat nie!
So hoekom sal jy dan jou kinders elke dag in hulle eie huis daaraan blootstel?
Party mense sal vir my kwaad wees, maar ek voel baie sterk daaroor. As jy 'n ouer is moet jy jou kind bo alles stel. Jy kan nie jou kind benadeel net omdat jy nie 'n verslawing kan oorkom nie.
Ek het ook eens op 'n tyd gerook. As ek dit kan doen kan jy dit doen.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.