Ek is ’n groot teenstander van eensydige transformasie in Suid-Afrika, waarby ’n bevolkingsgroep sy alleenreg op goed moet inlewer vir ’n alleenreg vir ’n ander bevolkingsgroep.
Byvoorbeeld die ontvangs op ’n skool wat verander van eentalig Afrikaans na eentalig Engels.
Nee. Fout.
Dis nogsteeds dieselfde: Eksklusiwiteit. “Net vir Afrikaans” is vervang deur “Net vir Engels”. Dis die ANC wat dit grootskaals doen deur onderwys in 10 van die land se amptelike tale te vernietig en te vervang deur die nuwe apartheidstaal: Engels.
Het die ANC mos nie geleer van die 1976-relle? Hoekom skend die ANC sy eie menseregteverdrae, wat hy na 1994 op internasionale vlak gesluit het?
Moedertaal is ’n reg. En dis ’n reg dat almal se moedertale geakkomodeer word. Die Universiteit van die Vrystaat doen groot sake daarin. Geen verpligte “verengelsing” soos by Tukkies of die ou Randse Afrikaanse Universiteit. Nee, Kovsies is inklusief.
Daar is professors, wat nie Afrikaanstalig is nie, wat net Engels en Suid-Sotho magtig is. Maar hulle leer Afrikaans. Hulle probeer en ’n mens kan met hulle komunikeer in Afrikaans.
Daar is Afrikaanse professors, wat net Engels en Afrikaans praat; hulle leer Suid-Sotho. Met drie tale is dit moontlik almal regverdig te behandel. Al die lesings op die hoofkampus is parallelmedium in Afrikaans en Engels. Al die aanduidings is meertalig.
Ek het gedink meertalige aanduidings laat jou net kyk na die boonste aanduiding. Nee. Outomaties kyk ’n jy na die aanduiding in jou moedertaal, omdat jy hierdie een die maklikste verstaan. Jy kan sê jy praat Engels as tweede taal op moedertaalvlak. Vergeet dit.
Jy kyk steeds na die Afrikaanse aanduiding, omdat jy weet wat daardie woord beteken.
En jy weet nie net die woord se betekenis nie, jy verstaan die gedagte van die persoon wat dit geskryf het. Jy verstaan elke letter, elke punt. Jy voel die woord. Op daardie oomblik is jy vir ’n rukkie daardie woord. Dit gaan soveel verder as net “die betekenis verstaan”. Jy is jou moedertaal. Dit is wie jy is.
Ek verstaan Afrikaans en Engels. Amptelik is my Engels beter. Ek het gedink ek sou na die Engelse aanduidings kyk as hulle bo die Afrikaanse aanduidings staan. Vergeet dit. Afrikaans is so naby aan Nederlands; dit voel nou soos my moedertaal.
Ek gebruik dieselfde woorde; dieselfde gevoel... 19 000 kilometer van die huis.
Dis wonderlik.
Hierdie is i90Christian se jongste blog.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.