‘Matfield se tyd het gekom en gegaan’
deur Morgan
2012-01-26 13:03
So, dit wil voorkom asof die liefdesverhouding tussen Victor Matfield en Heyneke Meyer sal voortduur indien Meyer die Bok-breier word.
Volgens nuusberigte het Matfield gesê hy sal daaroor dink om sy uitrede kort te knip as Heyneke hom vra om terug te keer. Victor, Victor, Victor jou tyd het gekom en gegaan - geniet jou uitrede!
En watter boodskap sal dit aan die spelers soos Andries Bekker, Rynard Elstadt en Flip van der Merwe stuur?
Matfield is een van die Springbokke se legendes en het iets gedoen wat baie min spelers kon regkry en dis om op die hoogte van sy spel uit te tree. Hy't 'n 110 toetse vir die Bokke gespeel en dit wil gedoen wees.
Hoekom sal jy jouself (en jou ligaam) weer beskikbaar stel vir strawwe toetsrugby? Wat is die motivering vir 'n man wat SuperRugby en Curriebeker trofeë sowel as 'n Wêreldbeker omhoog gehou het?
Matfield het egter vroeër op Twitter gesê dat 'n mens nie altyd alles wat 'n mens lees, moet glo nie. So dis moontlik dat sy uitlatings uit konteks geneem is. Matfield sal egter 'n aanwins vir Meyer se afrigtingspan wees as 'n lynstaan konsultant of so iets, maar sy dae van Springbok rugby speel is beslis verby.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.