'Matfield is ’n legende'
deur Morgan
2011-11-25 12:30
Saterdag sien ons die laaste van die bo-baas slot Victor Matfield op die internasionale verhoog.
Hy't natuurlik sy uittrede na die Springbokke se wêreldbeker-veldtog in Nieu-Seeland aangekondig, maar hy sal vir oulaas vir die Barbarians teen die Wallabies uitdraf. Hy sal ook die span aanvoer.
Hy sal beslis 'n groot leemte in Bok-rugby laat en ek twyfel of ons 'n slot sal kry wat meer bestendig as Matfield is. Oor sy 10 jaar as 'n Springbok, het hy 110 toetse gespeel ('n Springbok rekord) en sewe toets-drieë aangeteken.
Matfield het ook mos nou 'n boek uit en daarin praat hy oor sy soms onstabiele verhouding met Jake White, waar hulle mekaar soms te lyf gegaan het.
Ek vir een sal vir Victor mis. Hy het altyd respek afgedwing en het altyd van voor af gelei. Hy was miskien nie so goed as leier vir die Springbokke nie, maar vir die Blou Bulle was hy voorbeeldig.
Suid-Afrikaanse rugby het 'n legende verloor, maar kom ons hoop Andries Bekker en kie tel sy mantel op.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.