Barend

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Malema se skorsing laat steeds vrae

deur Barend
2011-11-15 07:57

Die volgende is 'n uittreksel uit Nuus24-blogger Barend se blog...

Die groot vraag op almal se lippe is natuurlik, wat gaan Julius Malema se toekomstige rol in die politiek van Suid-Afrika wees indien enige?

Malema het, na wat berig word, wraak gesweer en belowe dat sy naam “in die geskiedenisboeke van die land opgeteken word” en gewaarsku dat sy politieke loopbaan nie verby is nie, maar talle uiteenlopende ontleders is dit eens dat die einde van die politieke pad vir hom aangebreek het met ‘n gevolglike rondskarrel en herposisionering van verskeie lede van die ANC wat hoop om in die toekoms wel ‘n tuiste in dié magtige organisasie te hê.

Indien die besluite hoofsaaklik polities gemotiveerd was met die oog op die groot konferensie in Bloemfontein in 2012 waartydens die hoofbestuur van die ANC herkies word, dan het die top leierskap van die party eintlik geen ander keuse gehad as om die jeugliga se leierskap te magte in te kort nie.

Die jeugliga se leierskap het reeds aangedui dat hulle nie president Jacob Zuma vir ‘n tweede termyn sal steun nie. ‘n Nuwe president sal waarskynlik lei tot ‘n hele nuwe kabinet.

Dit is egter veral wat beleid betref waar die Malema “magsbasis” sterk radikale motiewe getoon het en die moontlikheid kan nie uitgesluit word dat die ekonomie een van die grootste redes agter dié skuif van die ANC was nie. Dit is belangrik dat die ekonomiese welvaart in Suid-Afrika nie bloot herverdeel moet word nie, maar dat welvaart geskep moet word en dat die land se kapasiteit en vaardigheidskompleksiteit moet ontwikkel.

Die uitspraak van die regende party se komitee is eintlik ietwat van ‘n klimaks. Die verhoor was ‘n gulde geleentheid om ‘n boodskap uit te stuur aan almal wat die tipe politiek probeer bedryf waaraan die loopbaan van Julius Malema gekenmerk was. Malema was maar dikwels in die nuus weens sy rassistiese en seksistiese opmerkings waarmee hy maar keer op keer weer weggekom het.

Minderhede in Suid-Afrika was later vuisvoos van die man se gedrag, maar die owerhede het bloot sit en toekyk terwyl Malema uitgevaar het teen Indiërs, witmense en soms sommer ook ‘n vroumens of twee wanneer hulle nie na sy pype wil dans nie.

Dit sal ‘n goeie ontwikkeling wees as daar ‘n figuur in die politiek na vore kan tree wat wáárlik die belange van die armes en die verontregdes op die hart dra. Malema is/ was nie so ‘n politikus nie. Hy was in sy loopbaan tot dusver ‘n spandabelrige man wat bloot die armes vir ‘n politieke platform uitgebuit het.

Dit is ‘n skande dat, tussen al die talle bekwame jongmense in Suid-Afrika, dat ‘n man soos Julius Malema gekies was as leier van die jeugliga. Dit is ‘n nóg groter skande dat hy vir so baie jare kon aanhou met sy gedrag voordat daar daadwerklik teen hom opgetree is.

Maar die heel grootste skande is miskien dat hy tot op hede skotvry kon wegkom met sy openlike rassistiese en seksistiese gedrag. Daar is mense wat hulle loopbane verloor weens rassistiese opmerkings, maar in die ANC moes Malema skynbaar eers die politieke kohesie van die party totaal ontwrig voordat hy sy gedrag as onaanvaarbaar beskou is.

Lees die volledige blog hier of begin jou eie blog.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition Tiptronic 3-dr
2005
R 175,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.