'Maak ‘n voorbeeld van Shiceka'
deur Anoniem
2011-10-14 15:09
Ek is bly die Openbare Beskermer het haar bevindinge teen Sicelo Shiceka bekend gemaak en dat almal nou weet dat hy wel die belastingbetalers se geld gebruik het om vir sy luukshede te betaal.
Thuli Madonsela is iemand wat nie skroom om die waarheid te vertel nie, en word deur niemand intimideer nie.
Daagliks maak ministers hulself skuldig aan soortgelyke oortredings en slegs sommige van hulle word regtig gestraf.
Hoeveel huise kan gebou word met die geld wat Shiceka spandeer het?
Ek hoop net pres. Jacob Zuma gaan 'n voorbeeld maak van hom.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.