‘Maak elke dag Valentynsdag’
deur Amanda de Beer
2012-02-09 07:30
Dit is weer daardie tyd van die jaar waar alles met ekstra bling in die vensters hang en alles wat rooi is vertoon word.
Reuse-teddiebere, hartjies, blomme en alles word oral in die winkels vertoon, maar moet 'n mens regtig wag vir 14 Februarie om jou geliefde spesiaal te laat voel?
My antwoord is eenvoudig nee. Ons moet mekaar elke dag waardeer, elke dag bedank vir die klein dingetjies en dankbaar wees dat jy die grootste godgegewe geskenk – liefde – met iemand kan deel. Baie min mense het daardie voorreg en baie min mense waar deer dit.
Die van ons wat geseën is daarmee, moet dit koester en soos 'n skat bewaar.
Gaan vanaand huis toe en bedank jou geliefde vir iets wat vandag vir jou baie beteken het, al is dit die ontbyt wat vanoggend aangedra is, die verkeersboete wat betaal is of sommer net omdat hy of sy jou laat glimlag het.
Maak elke dag Valentynsdag.
GESELS SAAM: Hoe voel jy oor Valentynsdag? Is dit net nog ’n geldmaakfoefie? Lewer kommentaar hier onder of stuur jou bydrae aan terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.