’n Land se demakratiese sukses word bepaal op grond van hoe minderhede behandel word. En dit is duidelik dat die ANC en sy geaffilieerde groepe soos Cosatu en die SAKP geen benul het van demokrasie nie.
Pres. Jacob Zuma se uitlatings in die parlement verlede week oor minderheidsgroepe wat minder regte as die oorgrote meerderheid het, is ’n uitstekende bewys dat selfs die leiers van die land geen benul het oor wat ware demokrasie is nie.
Dit is ongelukkig so dat ons wat in hierdie minderheid is, eintlik die meeste bydra tot die land se groei en die oorgrote meerderheid met ons belastinggeld dra. Maar ons is nie goed genoeg om erken te word in ’n land waarvan ons ook deel is, gebou het en steeds dra nie.
Die ANC en sy trawante raak al hoe meer regs en die smag na algehele krag en mag verblind hul tot die ware probleme waardeur ons land in die gesig gestaar word.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.