Buiten al die hartseer stories van moord en doodslag in die media, kan ek nie help om vandag te glimlag oor party van die stories nie:
- Russiese vrou vermoor buurman met bra;
- Vrou vas na sy glo man met koffiebeker vermoor;
- Man tronk toe ná hy vrou met eier gooi;
- Man deur kerkvrou aangerand oor skottelgoed;
- Porno bedryf steier weens sifilis-epidemie (wat het hulle verwag?)
- Kaalbas foto’s van Prins Harry.
Ten spyte van al die hartseer met die Griekwastad-arrestasie, die ET-moordenaar, die Lonmin-tragedie, die stygende brandstofprys en vele ander, kan mens darem nie help om die humor in bogenoemde stories te sien nie – en nee, daar is niks snaaks daaraan as iemand vermoor word nie, maar die ironie is dalk maar net die detail aan die saak bv. die metode en/of die artikels wat gebruik word of die rede daaragter.
Miskien gaan dit oor die onverdraagsaamheid van mense wat op daardie oomblik so kwaad word en nie tyd het om ‘n mes of ander moordwapen te gaan haal nie, maar sommer die eier naaste op die tafel gebruik, of die koffiebeker in jou hand en as jy niks anders in die hande kry nie, pluk jou bra af!
Die porno-sifilis-epidemie – wat kan mens verwag van ’n beroep waarin jy rond en bont slaap en losbandigheid hoogty vier? Wonder of hulle darem siekverlof kry by hulle werkgewers? Het hulle ’n vakbond wat vir hulle in die bresse kan tree of is dit net eenvoudig “no work – no pay...?”
En of jy nou hou van die koninklikes of nie, Prins Harry sorg darem vir so bietjie opwinding in daardie familie en as dit jou nie laat lag nie, lees gerus die kommentaar op van hierdie stories – dit alleen is skreeusnaaks.
Dit laat my dink aan die tekenprentjies van jare gelede... lag ’n slag … (dit laat mens blykbaar langer leef).
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.