Ek het so ‘n maand gelede vir my ‘n Kindle aangeskaf.
Aanvanklik het ek kort-kort per ongeluk die verkeerde knoppies gedruk en my plek verloor, maar mens raak dit gou gewoond.
Ek verkies nou ‘n e-boek bo ‘n gewone boek… Ek het nie gedink dit sal ooit gebeur nie – daar is darem niks so lekker as die reuk van ‘n boek nie…
In elk geval, ek verkies ‘n e-boek, omdat dit goedkoop is, daar is duisende gratis boeke en ek kan nou ‘n groter keuse sommer in my handsak pak en hoef nie ‘n tas vol boeke saam te ry nie.
Ek bly ook ver van die naaste boekwinkel af en om binne ‘n paar sekondes ‘n nuwe boek op my Kindle te kan lees, is net eenvoudig wonderlik!
Dis net nog ‘n frustrasie om Afrikaanse boeke op die Kindle te kry – hopelik sien iemand die behoefte raak en maak gebruik van die gulde geleentheid.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.