Alhoewel die kenners sal sê dat Australië die momentum het na vandag se gelykop toets teen Suid-Afrika, glo ek tog dat die Proteas nie te sleg oor hul vertoning hoef te voel nie.
Reën sowel as 'n kolwer-vriendelike blad het verseker dat die eerste toets in Brisbane gelykop eindig, maar die manier waarop Suid-Afrika koelkop gebly het nadat hulle vroeg in die toets 'n groot knou toegedien is, is indrukwekkend.
Na dag een, het die Proteas se JP Duminy sy enkel in 'n fratsongeluk beseer en sal dus vir sowat ses maande langs die kantlyn wees. Dit het beteken dat die span met slegs ses spesialis-kolwers kon speel en ook een minder boul-opsie.
Maar dit het hulle nie van stryk gebring nie, want hulle het steeds 450 in hulle eerste beurt aangeteken en maklik vir die gelykop-uitslag die laaste dag uitgekolf.
Die vraag is egter, wie vervang in die tweede toets vir Duminy? Dean Elgar, Thami Tsolekile en Faf du Plessis is almal aanspreekmakers, maar my opsie sal Tsolekile wees.
Die Proteas het bewys dat hulle met ses spesialis kolwers kan klaarkom en sy insluiting sal dan vir AB de Villiers 'n kans gee om eksklusief op sy kolfwerk te fokus.
GESELS SAAM: Die Proteas se eerste toets teen Australië het onbeslis geëindig. Hoe dink jy gaan die manne vaar in die res van die reeks? Deel jou mening hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.