Soveel dinge het verander in ons land dat ons as ouers moet 'inval' by die moderne lewe.
Ons kinders het selfone sodat ons 24-uur kontak met hulle kan hê! Sodoende kan hul bewegings 'dop gehou word'.
Nee, ons wil nie doelbewus 'spy' nie. Ons wil weet ons kosbaarste besittings is veilig.
Dieselfde met TV-speletjies, tensy jy op 'n plaas bly waar jou kinders nog veilig (ook nie aldag nie) kan buite speel, verkies ouers om 'n 'ogie te hou'.
Dis nie alleen die kinders se skuld nie, ons as ouers moet sorg dat 'n balans gehandhaaf word!
Gaan ry saam met jou kinders fiets, stap in 'n park of dieretuin. Kinders volg maar net hul ouers se voorbeeld.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.