Ek glo nie die skrywer (en pa) van die brief “Ouer, waar is jou kind?” is oorbeskermend nie.
My seun is 11 en ek laat hom ook net toe om by een van sy vriende te slaap.
Maar ons is baie goeie huisvriende. Dan het my seun ook ten alle tye sy selfoon by hom. Hy kan my enige tyd kontak indien nodig.
Hoe laai mens net jou kind by iemand af sonder dat jy weet watse tipe mense dit is? Gee sulke ouers regtig om oor hulle kinders se veiligheid?
My kinders is my lewe, en ek sal seker maak dat ek alles in my vermoë doen om hulle veilig te hou.
GESELS SAAM: Laat jy jou kinders uitslaap? Hoe voel jy oor dié saak? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.