Levett Prins

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Kerk maak Afrikaners ruggraatloos

deur Levett Prins
2010-06-18 12:18

Die Afrikaner leef in ‘n land met een van die hoogste syfers vir ernstige misdaad en die regering diskrimineer teen ons met die rassistiese BEE-beleid.

Kom ons kyk hoe die NG Kerk baie Afrikaners so rugraatloos maak dat hulle net passief kan sit en kyk hoe sleg dit gaan.

Tydens ‘n onlangse braai was die onderwerp van die gesprek  “Wat sou jy doen as hier nou ‘n bende gewapende rowers instap, almal se selfone afvat, die vrouens begin verkrag en die waardevolle items begin steel?”.

Daar was ‘n groot aantal mense wat self-erkende groot Christine van NG Kerk Moreletapark is. Slegs ‘n paar is gelowiges, maar nie die soort wat gereeld kerk toe gaan, loop en dweep of ander mense probeer oortuig hoe groot sondaars hulle is. Een persoon is ‘n ateïs.

Met dit as agtergrond, hiermee die uitslag:

Twee uit die 12 mense sal met die eerste geleentheid wat 'n rower se aandag afgetrek is, bv. ‘n steakmes gryp, die rower aanval en probeer om sy wapen af te vat. Een van hierdie persone is die ateïs.

Een dame sal ongeag die feit dat sy geskiet kan word ‘n rower net bestorm en hom aanval.

Die res is die “Groot Christine” en raai wat hulle gaan doen ... hulle gaan begin bid!

Nou vra ek jou met hande in die hare, wat is die NG Kerk besig om aan die Afrikaner te doen? Moet ons vermoor, verkrag en onderdruk word terwyl die “Groot Christine” khumbaja sing en vir die land bid?

Ons braai was geen uitsondering gewees nie. Gaan soek gerus tussen die kommentaar op artikels op hierdie webblad asook Facebook-groepe wat gaan oor geweld en ander probleme in SA. Die tipiese trant is “Al wat ons hoef te doen is op ons knieë gaan en bid. Ons God is magtiger as die vyand en sal ons red”.

Die boodskap van die Bybel kan op verskeie maniere aan mense oorgedra word en dit is tyd dat die NG Kerk begin kyk of hulle interpretasie die selfvernietiging of voortuitgang van die Afrikaner beteken.


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Blip sê... Ons het wel ander uitvoere -- minerale, veral -- wat ons buitelandse valuta inbring. Nes hoe die olieproduserende lande hul olie verkoop. Selfs toe ons deur sanksies geknel was het ons altyd genoeg olie uit die Midde-Ooste kon koop (al was dit teen 'n premie deur middelmanne) En voedsel kan altyd in soortgelyke krisisse bekom word. Ons hoef regtig nie ons te verbeel ons woon in 'n permanente beleg nie en dat ons daarom moet laertrek. Die ou sanksie-era is lankal verby en selfs dan was daar g'n voedselsanksies nie. Terwyl olie 'n skaars kommoditeit is en die aantal uitvoerprodusente beperk is -- en dus 'n kartel kan vorm -- is voedselprodusente byna onbeperk die wereld vol versprei en kompetisie is dus oop, wat kartelvorming beperk en pryse laag hou. Slegs natuurrampe soos droogtes, vloede, siekteplae ens kan tydelike tekorte en prysstygings skep, maar hulle kan ook jare van oorvloed en oorproduksie skep wat pryse so laag laat daal dat marginale produsente hul uit die mark onttrek omdat dit onwinsgewend is. Die wereldmark van handel is, natuurlik, 'n zero-som vergelyking: tel alle uitvoere in die wereld op, en dis presies dieselfde as alle invoere in die wereld, want elke uitvoerder verg 'n invoerder, en die omgekeerde. Solank jy, as 'n land, jou handelsbalans binne redelike noue perke hou, maak dit min saak wat presies jy uitvoer of wat jy invoer. Dus, voer net meer mangaan uit en voer dan meer mielies in. Alles in die haak! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T Local
2001
R 64,369.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,990.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.