Colin Steyn

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Kallis oor die muur?

deur Colin Steyn
2011-12-29 07:00

‘n Mens moet die grootste respek hê vir Jacques Kallis se krekietprestasies en die wonderlike bydrae wat hy oor baie jare vir Suid-Afrika gemaak het.

Ek is die eerste wat hom wil vereer as ‘n formidabele krieketlegende.

Maar is dit nie byna al wat hy nog is nie, ‘n legende? 

Ek hou die ding al die laaste twee jaar dop. As hy die slag goed doen met die kolf (wat deesdae nie ‘n alte gereelde verskynsel is nie) word hy opnuut deur kommentators besing, en daar word groot gewag gemaak van hoe onmisbaar hy vir die Proteas is.

As hy keer op keer misluk word sy prestasies van gister as genoeg rede voorgehou waarom hy in die span móét wees. Sy boulwerk is lankal nie meer ‘n faktor in die span nie. 

Ek hoor gedurig in besprekings watter dilemma hy vir die keurders skep, want beter boulers (daar is baie) en kolwers wat meer bestendig is (daar is ‘n paar) word eenkant toe geskuif om vir die onmisbare Kallis plek te maak.

Nou wonder ek net: Vir hoe lank sal hy nog op grond van sy reputasie in die span wees?

Ek sê nie hy moet glad nie meer ‘n kans kry nie, maar laat dit dan op grond van vorm wees. Ons Rugby-keurders se grootste fout was toe hulle twee jaar gelede al besluit het wie wêreldbeker toe moet gaan. En maklik die helfte van die span was net daar op reputasie. Ek hoop nie krieket maak dieselfde fout nie.

Boucher is al ‘n slag of wat uitgelaat. Waarom dan nie ook Jacques Kallis nie?


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition Tiptronic 3-dr
2005
R 175,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.