Insake: Ouetehuise
Dit is tragies om te dink dat 'n kind nie sy of haar weg oop sien om na die persoon of persone wat hom of haar groot gemaak het, te versorg nie.
Dit is tragies om die oumense te sien agteruit gaan en belangstelling verloor met hul kinders wat "te besig is" om na hulle om te sien.
Daar is wel gevalle waar voltydse mediese versorging nodig is en 'n inrigting regtig die mees menslike opsie is.
Vir die ander wat nog nie daar is nie se kinders moet ek sê jou beurt kom, die voorbeeld wat jy stel vir jou kinders gaan met rente terug kom.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.