Jonkwees is opwindend, maar...
deur Okkie Butler
2012-02-08 13:35
Vrydag (3 Februarie) tydens die vyfuur spitsverkeer, was ek besig om te draai by die Ou Wapad-Hans Strijdom kruising.
Toe 'n seun op 'n fiets met 'n stink spoed verbyspoed oor die groen verkeerslig, tussen die verstomde bestuurders deur. Voor op die handstuk van die fiets sit 'n pragtige meisie met ’n bitter kort sjoebroekie, donker hare in die wind, laggend en geselsend het die twee verdwyn teen die afdraende.
Ek kon net 'n foto van hulle silhoeët neem. My middag was opgekikker deur herinneringe aan onbesonnenheid en jongmens-streke.
Julle twee... dit was opwindend maar gevaarlik!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.