Dit is fantasties dat daar soveel moeite gedoen word om Afrikaans te behou as spreektaal.
My vraag is of die organisasies wat ons stig om ons taal te behou ons nie afsonder van die res van Suid-Afrika nie?
Organisasies wat gestig is vir die behoud van die Afrikaanse taal soos Afrikaanse skole, NWU-Pukke, ATKV, FAK, die Afrikaanse Protestante Kerk en AfriForum doen sekerlik goeie werk om ons taal te behou, maar selfs binne-in hulle name skree dit: slegs Afrikaans-sprekendes is welkom!
Probeer ons steeds binne hierdie organisasies veg vir iets wat ons eie is omdat ons nie tuis voel binne die nuwe Suid-Afrika nie?
Sien die res van Suid-Afrika nie hierdie organisasies as slegs die bevordering van ’n sekere groep mense, waarvan hulle nie die nodige eienskappe het om deel te wees, as onregverdig nie?
Moet ons nie eerder organisisasies soos LeadSA en Proudly South African, wat die land as geheel verbeter, ondersteun nie?
GESELS SAAM: Wat dink jy? Stem jy saam met die skrywer? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.