Toe ek vanoggend 'n foto van Ina Bonnette sien in een van die koerante, kon ek nie help om te wonder hoe sy dit reggekry het om haarself op te help tot waar sy nou is nie.
Die persoon wat ek 'n paar maande gelede in 'n tydskrif gesien het, is nie meer daar nie. Sy lyk nou dapper en reg om haar man te staan.
Ek kan nogsteeds nie dink hoe iemand wat veronderstel was om haar lief te hê en te beskerm haar so kon verniel, verneder en martel nie.
Ina is vir menigte vroue 'n inspirasie. Sy het bewys dat sy meer as genoeg rede gehad het om te gaan lê, maar gekies het om die dapper stryd te stry. In my hart hoop ek dat sy weer geluk sal vind.
Ina, ek salueer jou.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.