Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 20
Artikels gelees: 756
 
 
Jongste kentekens:
 
 

In aanloop tot Geloftedag 2012

07 December 2012, 07:55  - Barend

’n Kerk is ‘ongelukkig’ net soos ’n skool. Die ‘kerk se kurrikulum’ (as ek dit so kan stel) word nie, soos wat ons dikwels graag in ons kerke wil glo, deur die Bybel bepaal nie, maar veel eerder deur die behoefte van die gemeenskap.

Dus, net soos wat jy nie tipies ’n sokkerspan by ’n ou model-C skool het nie, so kry jy nie juis ‘geloftefeeste’ in Kaapstad se kerke nie. En net so ook nie juis in die ‘Noord-Kaap’ nie, want daar was ’n tyd toe die ‘Noord-Kaap’ eintlik deel van die ‘Kaap provinsie’ was. En in die tyd van die Gelofte was die Kaap onder Britse bewind, en dus voel meeste ‘Kaapse Afrikaners’ hulself gevolglik nie gebind tot die Gelofte nie.

Net soos wat jy dikwels nie Geskiedenis onderwysers in sekere skole sal kry nie. Want sekere gemeenskappe stel bloot net nie belang in die tipe Geskiedenis wat hulle moet leer om ’n matriek Geskiedenis vraestel in 2012 te slaag nie. Dit was natuurlik ’n hele ander storie voor 1994.

Ek vier self Geloftefees. Maar ‘ons’ vier dit anders as sommige ander mense. Jy kry daai mense wat die Gelofte sien as ’n ding wat God laat gebeur het om die Christelike geloof in Suid-Afrika te vestig. Vir sulke mense was die slag van Bloedrivier eintlik onafwendbaar. Dit was deel van God se plan vir Suid-Afrika. En so is Bloedrivier dan vir talle ook ’n simbool dat God weer aan ‘hulle’ die mag sal gee. Want dit is so bestem, volgens ‘hulle’.

Maar die slag van Bloedrivier word uiters uiteenlopend interpreteer. Dit is interessant om daarop te let dat ’n gevierde historikus soos professor Hermann Giliomee ook nie juis die slag van Bloedrivier as een van die waterskeidingsoomblikke van die Suid-Afrikaanse geskiedenis beskou nie. So was daar ook die legendariese professor F.A. van Jaarsveld, wat deur die AWB ‘geteer en geveer’ is oor dieselfde saak.

Vir my is Geloftefees eerder iets wat ek ‘gedenk’ as ‘vier’. Dit is vir my jammer dat hierdie dag die titel van ‘fees’ moet dra. Ek verkies ‘Geloftedag’. Indien onder ‘fees’ verstaan word dat dit ‘n viering van ons erfenis is, dan ja. Maar ek is self skepties oor die presiese aard en omvang van die slag van Bloedrivier.

Op Geloftedag dink ek terug aan al die mense wat hulle lewens geoffer het oor die jare. Of hulle nou wit of swart, Christen of anders was. En ek verwag nie van ander mense om dit saam met my te vier nie. En beslis nie van ander ‘kerke’ nie. Dit is elke mens se vrye wil. Boonop dink ek daar is talle mense wat met reg kan vra of die gelofte bindend op hulle is.

En ek is boonop bereid om môre se ontbyt te wed dat, sou daar nooit ‘n Slag van Bloedrivier gewees het nie, dan sou dit weinig verskil gemaak het aan Suid-Afrika se spirituele karakter van vandag. Die meeste mense sou steeds Christene gewees het.

Uiteindelik het my eie wankelrige geloof in Jesus van Nasaret slegs ’n beperkte invloed op my keuse om Geloftedag te herdenk. Vir my hou die Christelike geloof dan ook slegs in beperkte mate verband met die ‘Gelofte’. Die Christelike geloof is uiteindelik net die versiersuiker op die koek. Die koek is dat die ou Boere moes baklei net om te kan wees.

En dat hulle hulself selfs tot geweld moes wend net om te kan wees wie en wat hulle is. In Europa is hulle, skaars twee eeue voor Bloedrivier, vervolg en vermoor vir hulle Protestandste geloofsoortuiginge deur Katolieke monarge. In Afrika is hulle vervolg en dikwels vermoor, omdat mense deur hulle bedreig gevoel het.

En so moes al die mense van die ou tyd veg vir oorlewing. Vandag is Christenskap nie meer ’n vereiste vir burgerskap soos in 1838 nie. Maar baie mense word vandag op plase vermoor. Die Marikana slagting is ’n getuienis dat mense hulself vandag nog tot geweld moet wend net om te kan wéés.

My wens vir 16 Desember 2012 (en nou is ek amper lus en steek ’n vonkelstokkie op en gaan staan in die donker terwyl ek die woorde hard uitspreek) – is dat, alle mense mekaar sal respekteer. Dat die mense wat ‘Geloftedag’ herdenk daardie mense wat dit nie gedenk nie sal aanvaar, en andersom ook. As die mense van 16 Desember 1838 net dit kon regkry, dan het ons moontlik nooit vandag nodig gehad om hierdie dag te vier nie.

- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 99 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

42 menings 431 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 229 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 207 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

119 menings 2217 keer gelees
My pa, my hero

Vandat sy haar oë op haar pa kon lê was hy vir haar die mooiste, beste pappa in die hele wêreld en haar rolmodel in die lewe... Lees meer...

2 menings 509 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.