Fritz,
Jou artikel van 27 Augustus verwys: "Al meer huiseienaars verbreek dié wet".
In 'n mate stem ek met jou saam dat huiseienaars nie die sypaadjies so moet "versier" dat dit gevaarlik is nie (bv die implimente). Maar om te verwag dat huiseienaars wat wel moeite doen om 'n sypaadjie skoon en netjies te hou, nie 'n mate van "beheer" moet beoefen deur, bv pale te plant sodat voertuie die versorgde gras doodstaan nie, of boemelaars hulleself deur die dag vir kwaad geld daar tuismaak nie, is bietjie te veel gevra.
Die munisipaliteite doen geen moeite om residentiele sypaadjies netjies, onkruidvry en instand te hou nie, so as eienaar het jy een van twee keuses – los die onkruid dat dit heup-hoogte groei en allerhande peste daarin uitbroei, of steek die hand in eie boesm en versorg die sypaadjie.
Om te gaan draf of stap is goeie oefening, ja, maar om "'n siviele eis in te sit teen 'n huiseienaar weens 'n ontoeganklike sypaadjie" is verregaande! Daar is honderde gimnasiums waarby jy kan aansluit om in 'n veilige omgewing die nodige oefening in te kry – en as jy verkies om liewer nie by 'n gim aan te sluit nie, spaar 'n bietjie en koop 'n "treadmill".
Drawwers wat strate gebruik bly 'n risiko vir bestuurders, ongeag of die sypaadjie toeganklik is of nie – as jy skielik skeef trap en val (reg voor my aankomende voertuig in), wie is dan vir daardie ongeluk verantwoordelik? Die bestuurder of die drawwer?
En wie sê ek, as wetsgehoorsame bestuurder wat gehou het by die spoedgrens, gaan betyds kan stop? Dan word dit weer 'n geval waar die bestuurder van roekelose bestuur aangekla word (en moontlik strafbare manslag), waar hierdie hele tragedie vermy kon gewees het as die drawwer op die gepaste plek sy oefening gaan kry het.
Ek het self gedraf op die pad vir 'n redelike tydjie, maar het sedertdien by 'n gimnasium aangesluit, waar dit veiliger is, en laat ek nou vir jou vertel (uit ondervinding uit) – of die sypaadjie toeganklik of ontoegangklik is, elke drawwer draf in die pad.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.