Twee belowende en talentvolle sportsterre het die afgelope paar weke ernstige beserings opgedoen.
Die Proteas paaltjiewagter Mark Boucher het die week 'n oogbesering opgedoen wat die einde van sy loopbaan beteken het.
Hy't reeds 'n operasie ondergaan en gaan in Kaapstad 'n oog-spesialis sien. Dokters is ook bekommerd dat hy nooit weer 100% sig sal hê nie. Ek hoop Mark sterk vinning aan en keer weer terug na krieket, al is dit provinsiale of klub krieket. Hy is rêrig 'n voorbeeld vir jong krieketspelers regoor die wêreld.
Ek was ook vreeslik jammer vir die Formule Een-toetsrenjaer, Maria de Villota, na haar gru-ongeluk in Engeland 'n week of twee gelede. Sy't haar regteroog in 'n fratsongeluk verloor en sal waarskynlik nooit haar buiging as die eerste vroulike F1-renjaer maak nie.
Mark en Maria, julle het reeds ongelooflike sterkte bewys in julle tyd van nood en ek wil net vir julle alle voorspoed toewens en is vol vertroue dat julle ten volle sal herstel.
GESELS SAAM: Is die Proteas beter af sonder Mark Boucher siende dat hy aan die einde van die toetsreeks teen Engeland in elk geval sou uittree? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.