B-B

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Honger, armoede pla steeds

deur B-B
2010-09-07 13:36

'n Mens kan nie anders as om saam te stem met Flip Buys se rubriek nie. Suid-Afrika laat 'n mens tegelykertyd lag en huil.

Ek dink nie daar is 'n land met soveel potensiaal, maar ook soveel probleme, as ons nie.

Kyk maar net na die wêreldbeker-toernooi; die een dag was ons nog hoog in die wolke omdat ons so goed gedoen het en almal het geglo in ons toekoms, en die volgende dag het ons maar weer begin voortploeter met al ons issues.

Ek wonder net, gaan ons oor 'n paar jaar terugkyk en glimlag, en kyk hoe ons vooruit gegaan het, of gaan ons soos party lande in die wêreld armer doodgaan as ons voorouers, met meer en groter probleme as toe ons in die wêreld gekom het?

Die laaste ruk lyk dit of die tweede opsie 'n werklikheid gaan word. Ons los nie ons grootste probleem – armoede – op nie. Dis die wortel van so baie van ons ander probleme. En ons skep ook nuwe probleme omdat die mense wat ons moet lei net daarop uit is om hulle eie sakke vol te maak. Nie een van hulle sal dit erken nie, maar daar bestaan nie meer so iets soos om jou land te dien nie. Dis elke man vir homself.

Ons kan doen wat ons wil, en kla soveel ons wil. Maar solank as wat daar mense in krothuisies bly en kos bymekaarskraap om te oorleef, so lank sal ons sukkel met misdaad, swak dienslewering en al die ander slegte goed wat ons toekoms kan verongeluk.

Ongelukkig is die enigste manier om regtig 'n einde te bring aan armoede, om politici te hê wat dink aan hulle mense, eerder as hulle eie sakke. En dit lyk of daar maar bitter min van daai soort oor is (as daar nog enige oor is).

Die tyd van twee sportmotors elk vir politici en spoghuise in die Kaap en Pretoria moet vir eens en vir altyd agterbly. Geen persoon wat homself as 'n leier beskou kan sy eie kind in 'n privaatskool sit terwyl die res van die land se kinders nie behoorlike onderrig kry nie. Jy kan nie op kaviaar in duur restaurante leef terwyl die mense wat vir jou gestem het in sinkhuisies moet bly en op pap moet leef nie.

Die groot vraag is net, gaan dit 'n revolusie vat om die regering te oortuig om anders op te tree? Of gaan ons almal nog in armoede gedompel word voor dinge verander?

Die meerderheid stem elke keer dieselfde mense in, maar een of ander tyd gaan hulle moeg word vir die leë beloftes.


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Blip sê... Ons het wel ander uitvoere -- minerale, veral -- wat ons buitelandse valuta inbring. Nes hoe die olieproduserende lande hul olie verkoop. Selfs toe ons deur sanksies geknel was het ons altyd genoeg olie uit die Midde-Ooste kon koop (al was dit teen 'n premie deur middelmanne) En voedsel kan altyd in soortgelyke krisisse bekom word. Ons hoef regtig nie ons te verbeel ons woon in 'n permanente beleg nie en dat ons daarom moet laertrek. Die ou sanksie-era is lankal verby en selfs dan was daar g'n voedselsanksies nie. Terwyl olie 'n skaars kommoditeit is en die aantal uitvoerprodusente beperk is -- en dus 'n kartel kan vorm -- is voedselprodusente byna onbeperk die wereld vol versprei en kompetisie is dus oop, wat kartelvorming beperk en pryse laag hou. Slegs natuurrampe soos droogtes, vloede, siekteplae ens kan tydelike tekorte en prysstygings skep, maar hulle kan ook jare van oorvloed en oorproduksie skep wat pryse so laag laat daal dat marginale produsente hul uit die mark onttrek omdat dit onwinsgewend is. Die wereldmark van handel is, natuurlik, 'n zero-som vergelyking: tel alle uitvoere in die wereld op, en dis presies dieselfde as alle invoere in die wereld, want elke uitvoerder verg 'n invoerder, en die omgekeerde. Solank jy, as 'n land, jou handelsbalans binne redelike noue perke hou, maak dit min saak wat presies jy uitvoer of wat jy invoer. Dus, voer net meer mangaan uit en voer dan meer mielies in. Alles in die haak! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T Local
2001
R 64,369.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,990.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.