Hoe kan renosterstropery eenvoudig stop?
Wel, die antwoord op daardie vraag lê dieper as wat dit op die oog af blyk te wees. Waarom dan nie, sal die vraag noodwendig opkom.
Na my mening is daar 'n aspek of twee wat na gekyk moet word om 'n objektiewe mening uit te spreek...
1. Met al die fasette van misdaad wat in die RSA voorkom, is dit vir die huidige SAPD haas onmoontlik om enige hiervan ten volle te bekamp. Word daar meer personeellede vir 'n spesifieke misdaad afdeling bv. renosterstropery ontplooi, dan is daar 'n leemte op 'n ander misdaad tipe bv. motordiefstal of die groot euwel plaasmoorde en dit blom.
2. Die vinger word al hoe meer na die SAPD-amptenare gewys waar hulle by misdaad-sindikate betrokke is, in die beheer of andersins in die blinde-oog gooi faset.
3. Sodra daar meer aandag aan stropery gewend word, dan neem die plaasmoorde of ander misdade so toe dat die aandag weg van die stropery is. Dus gaan die stropers eenvoudig voort, totdat iemand weer gedagte kry dat stropery buite beheer raak.
4. Hoe gouer die prys van renosterhorings se bodem uitval, hoe gouer sal mense stop om risiko's te neem. Daar is heelwat horings in veilige bewaring. Indien hierdie op die ope mark losgelaat word hoe gouer sal die prys val.
5. Wat my verder laat besef dat die stropery nie sal staak nie is die betrokkenheid van SAPD-lede by ontoelaatbare bedrywe. Dus is dit baie maklik vir die mense in beheer van die polisiëring van stropery om stropers in te lig waar daar na aanvalle gesoek gaan word. Die deugniete kan dan eenvoudig sorg dat hulle uit daardie geografiese gebied bly en op 'n ander plek onheil gaan pleeg want daar is nie personeel wat daardie area(s) patrolleer nie.
6. Barbarisme is seker nie 'n opsie vir die bekamping van misdaad nie, maar dit mag dalk 'n opsie wees om renosterstropery as 'n halsmisdaad te beskou en skuldiges in die openbaar tereg te stel. Ek is al keelvol vir die regte van mense volgens die grondwet en dit sal dalk 'n groot impak maak wanneer mense tereggestel word ten aanskoue van die publiek.
Om aan te sluit by renosterstropery is die bendegeweld in die Wes-Kaap.
Die voorstel dat die SANW ingeroep word is met baie groot oorgawe deur die minister van die SAPD van die hand gewys. Soos dit is, is daar nie genoeg SAPD-lede om alles by te kom wat hanteer moet word nie, maar hulle soek nie hulp nie. Is dit nie dalk 'n flikkerende rooilig nie?
Is dit nie inherent 'n erkenning van skuld aan die kant van die bestuur van die SAPD nie? (Vra maar net).
Is dit nie dalk 'n oplossing om van die militêre veterane wat gewillig is om dit te hanteer aan te wend nie. Daar is baie van hierdie MilVets wat opgelei is om spoor te sny en in die bosse vyande te agtervolg, maar dit wil voorkom dat die sindikaat-leiers groot geld maak en dat dit na die sakke van sekere mense gekanaliseer word.
Hierdie maak dit dus onmoontlik dat renosterstropery stopgesit kan word. Die mense wat skep is eenvoudig te veel...
GESELS SAAM: Suid-Afrikaanse natuurbewaarders het ‘n plan voorgestel om renosterhorings wettiglik aan Chinese farmaseutiese maatskappye te verkoop. Wat dink jy? Sal dit renosterstropery verminder? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.