Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Johan
 
Menings: 1
Artikels gelees: 198
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Heyneke op regte pad

14 November 2012, 15:16  - Johan

Ek stem nie heeltemal saam met die skrywer van die brief “Invorm spelers oor die hoof gesien” nie.

Een ding wat nie uit die oog verloor moet word nie is die groter prentjie, die Wêreldbeker, en hoewel baie van Heyneke Meyer se keuses die oë laat rek, doen hy tog iets reg en dis deur die jong manne, met potensiaal, stadigaan voor te berei vir die groot dag oor drie jaar in Engeland.

Verseker is daar een of twee van die Bul-konneksie spelers wat vrae laat ontstaan en kom ons noem die twee name wat selfs hier in die noorde genoem word as gelukkiges en wel Morné Steyn en Zane Kirchner. Sonder om die manne se karakters aan te val, moet ‘n mens tog hul vorm bevraagteken.

Steyn het ‘n uiters gemiddelde Superrugby-reeks agter die rug en word meestal onthou vir die wedstryde wat hy weens swak skopwerk, pale toe en takties, sy span gekos het. Hy lyk by tye asof hy nie betrokke wil wees by die spel nie en hier moet ek toegee, ek dink hy is totaal ooreis.

Tans nie onder die vier beste losskakels in die land nie en daarom verbaas sy insluiting in die einde van die jaar toer na die noorde my soveel meer. Daar is ‘n legio ander voorbeelde om te noem, maar genoeg daarvan, almal weet waarvan ons praat.

Zane se spel het in die jare sedert hy begin rugby speel het nog niks verander nie. Uiters effektief onder die hoë bal, maar daar stop sy kwaliteite. Sonder uitsondering sal hy die bal eerstens wegskop, middelveld op en dit, ter versagting, opvolg, maar die punt bly staan, balbesit is vermors.

Die tweede opsie wat hy bied is om met die bal wat hy nie wegskop nie, te hardloop en kontak te maak, gewoonlik daaraan vas te hou en op die manier besit af te staan. ‘n Ander swakplek in sy modering is sy aansluiting by die agterlyn. My punt bly staan, dat ‘n heelagter wat by ‘n agterlyn aansluit en met die bal in besit betrap word, nie ‘n heelagter is nie.

Sy aansluiting is uitsluitlik om die man oor in die lyn te skep, maar hy word telkens met bal en al vasgevat.

Daar is plek vir net soveel spelers in ‘n Springbok-span en daarom is dit onregverdig om twee spelers se insluiting te kritiseer, maar tien ander in die groep te wil hê.

Kom ons sien die manne wat hier genoem word as goeie diepte, maar om ‘n speler wat een of twee goeie Curriebeker-wedstryde gespeel het ‘n Springbok te wil maak is ook verregaande.

Catrikillis was baie goed in die meerderheid van die wedstryde wat hy gespeel het, maar daar is ‘n verskil as dit by internasionale rugby kom en ek dink sy blootstelling is nog te minimaal. Ons sal wel volgende jaar sien as hy op ‘n meer gereelde basis vir die Kings sal uitdraf.

Deon Fourie was ‘n revolusie, nie net as speler in verskeie posisies nie, maar ook as kaptein en verdien ‘n plek in die groep, maar waar gaan jy hom speel? Op haker, wat sy gunsteling-posisie is, sit SA met Bismark, Adriaan, Chilliboy, Tiaan nou nog Schalk Brits ook.

In die WP self is daar Ntebeni wat ook uiters effektiewe rugby gespeel het. Nee kom ons wees redelik. In die jare 80 het die WP met ‘n vleuel gesit, Neil Burger, wat gate deur die opposisie se verdediging gehardloop het, menig wedstryde vir die WP gewen het en geen Springbokspan in die steek sou laat nie, maar hy was volgens die keurders nie in die klas van ‘n Ray Mordt nie, so kom ons wees realisties.

Lambie, soos “n haai uit water’ ek stem nie saam nie. Op die dag van die Curriebeker-finaal was hy miskien deur Catrikillis oorskadu, maar losskakel bly sy beste posisie en as Saterdag teen Ierland nie jou vrae kan beantwoord nie, soek dan liewer ‘n ander sport om te ondersteun, maar hy gee absolute rigting aan die agterlyn, versprei die bal onberispelik, uiters akkurate stelskopper en takties verbeter hy by die dag.

Jy verwys na Hougaard wat uit posisie gespeel word, wat dink jy was die impak daarvan op Lambie se spel? Vat maar al die ander veelsydige spelers wat ons land al opgelewer het, kyk hoe’s hulle loopbane verwoes as gevolg van veelsydigheid. Dink maar aan Gaffie du Toit en Brent Russel, om net twee te noem. Ruan Pienaar was byna in dieselfde situasie, maar kyk nou!

Nee, kom ons kritiseer waar dit geldig is, maar kom ons deel ook eer uit waar dit nodig is, maar ook moet ons aanvaar dat nie al ons gunstelinge altyd die beste keuse sou wees nie.

Die media maak dit in elk geval vir Heyneke moeilik genoeg om die regte manne op die regte plekke te kry en hy luister tog as daar geldige redenasies is, Morné Steyn is maar een voorbeeld, die insluiting van Juan de Jongh teen Skotland ‘n ander en hy sal mettertyd swig onder die publiek se druk rondom Zane Kirchner, maar gee hom kans, hy is op die regte pad met die jong manne en nie almal kan gelyktydig vir die Springbokke speel nie.

Oor drie jaar gaan ons met ‘n wen Springbok-span sit waarvan die meeste onder die ouderdom van 25 sal wees.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
DelusionBuster
Die krag van gebed: Wat is die fe...

Meeste gelowiges glo dat God gebede verhoor, maar op een van drie maniere. Dié leser meen gebed werk net in sekere gevalle... Lees meer...

33 menings 500 keer gelees
Gelaai deur
ChristovdM
Waaroor die histerie?

Waarom is daar mense wat vordering op wetenskaplike gebied as ‘n aanslag op die Christendom sien?  Lees meer...

34 menings 327 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

27 menings 1034 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 140 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

65 menings 854 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 257 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.