Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Ernie Langner
 
Menings: 33
Artikels gelees: 364
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Gun vryheid aan elkeen

17 July 2012, 15:17  - Ernie Langner

State waar die bevolking hoofsaaklik homogeen (met oorwegend dieselfde taal, kultuur en godsdiens) is, beleef die minste interne konflik en is al vir eeue relatief stabiel en in baie gevalle ook welvarend: bv. die Skandinawiese lande en Japan. 

Interne spanning en konflik is hoofsaaklik te vinde in multikulturele samelewings waar minderhede se regte misken word: bv. China, Rwanda of Nigerië (dikwels met tragiese gevolge).

Enige volk wat ernstig is oor sy kultuur, erfenis, ekonomie, taal en unieke waardes behoort te strewe na 'n bestaanswyse en gebied waarbinne so 'n volk se lede kollektief verantwoordelikheid vir hulle gesamentlike toekoms kan aanvaar en uitleef al is dit selfs met 'n beperkte mate van selfregering, bv. die Baske, Suid-Tirolers, Skotte, ens.
 
Hierdie voorbeelde kom hoofsaaklik uit Europa, waar daar 'n groot mate van erkenning vir minderheidsregte bestaan en waar landsgrense tot 'n groot mate met kulturele- of taalgrense saamval. Dit is ook die geval met vele Asiatiese lande. In Afrika is grense dikwels deur imperialiste getrek, met geen respek vir die verskillende kulture wat op die kontinent woonagtig is nie. Volke is in die proses in twee (of drie) gedeel deur lynreguit grense (bv. die San in Suider-Afrika), of in een land saamgebondel (bv. Zimbabwe, Suid-Afrika).
 
Met die skryf van SA se grondwet is daar erkenning gegee aan die bestaan van verskillende kultuurgroepe asook hulle reg tot selfbeskikking. Terwyl baie van hierdie groepe nie noodwendig daardie reg sal wil uitoefen nie, is daar ander wat wel so 'n begeerte het. Om die reg tot selfbeskikking uit te oefen lê aan die hand van daardie spesifieke groep – nie voor die deur van die SA regering nie (Artikel 235 van ons grondwet). 

Die mate van onafhanklikheid wat so 'n volk kan bereik sal afhang van hoe groot sy passie en deursettingsvermoë is om dit te bereik. Selfbeskikking sal verwerf moet word deur harde werk, sweet en baie geld. Ek glo ek en sommige van my mede-Afrikaners wat selfbeskikking binne 'n eie gebied voorstaan besit genoeg middele en deursettingsvermoë om te werk vir ons vryheid binne so 'n outonome gebied. 

Omdat die gebied besit, bevolk en beheer sal word deur Afrikaners, sal lojaliteit, patriotisme en wetsgehoorsaamheid hoofsaaklik deur 'n gemeenskaplike waardesisteem gedryf word eerder as deur so 'n entiteit se stel wette, reëls en regulasies. 

Baie ander Afrikaners sal egter doodtevrede wees om voort te leef in 'n multikulturele SA waar wetsgehoorsaamheid deur die staat met 'n magdom wette afgedwing word, lojaliteit skynheilig en oppervlakkig is en patriotisme sporadies eb en vloed in harmonie met die sportkalender. Ander Afrikaners sal liewer landuit gaan om elders in self-opgelegde ballingskap te gaan saamkoek. Kom ons gun elkeen van hierdie sienings bestaansvryheid sodat elkeen kan besluit en doen na keuse.

Hoekom 'n volkstaat? Die vraag is eintlik: Waarom nie! Elke persoon is tog geregtig op vryheid van assosiasie – dis die natuurlikste neiging op aarde. Individue met gemeenskaplike belange groepeer maklik saam: motorfietsklubs, persklubs, digters, branderplankryers – te veel om op te noem. Daar is geen gedwongenheid in vrye assosiasie nie. 

Mense wat saam na vryheid vir die Afrikaner in 'n eie grondgebied streef, doen dit absoluut uit vrye assosiasie met mekaar en die gesamentlike strewe. Daar is geen sprake van diskriminasie, gedwongenheid of onderdrukking nie. Net so mag daar ook nie ingemeng word met vrye integrasie nie! 

Dit was die fout van apartheid. Laat almal wat graag die interessante moontlikhede van kulturele, taal en rasvermenging wil ondersoek en uitleef dit doen! Moet net niemand daarin dwing of boelie nie! Gedwonge integrasie sal ook 'n fout wees (presies dit waarmee die ANC nou besig is – versuikerd as 'nasiebou'). 

Daar is geen rede om mense met verskillende kulture, erfenis, tale, ens. aan mekaar op te dwing en hulle te forseer om in frustrasie saam te werk net ter wille van die behoud van grense wat die Britte na 1902 getrek het nie! 

Gun aan elkeen die tipe vryheid wat hy/sy begeer.

 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
ChrisAkkedis
Hoekom lag jy vir my?

Ons behoort onsself te bevraagteken as ons die mense wat ons vreemd vind wil marginaliseer, skryf ’n leser. Lees meer...

0 menings 73 keer gelees
Gelaai deur
DelusionBuster
Die krag van gebed: Wat is die fe...

Meeste gelowiges glo dat God gebede verhoor, maar op een van drie maniere. Dié leser meen gebed werk net in sekere gevalle... Lees meer...

36 menings 634 keer gelees
Gelaai deur
ChristovdM
Waaroor die histerie?

Waarom is daar mense wat vordering op wetenskaplike gebied as ‘n aanslag op die Christendom sien?  Lees meer...

34 menings 359 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

27 menings 1048 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 142 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

66 menings 913 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.