Ek bly op 'n hoek waar daar 'n drierigting-stopteken is.
Dit is absoluut verstommend hoe motorbestuurders hierdie stopteken totaal ignoreer.
Ek maak 'n punt daarvan om by elke stopteken te stop en by verskeie geleenthede het ander bestuurders byna van agter in my vasgery. Sommige word so kwaad omdat ek stop en wys dan middelvinger of sommer die hele vuis of maak gebare om my te wys hoe hulle my gaan foeter of steek my sommer verby op die stopteken.
Dit is ongelukkig so dat ons in wetteloosheid verval het. Ek vertel myself dikwels dat as Jacob Humphreys maar net by die spooroorgang die padteken gehoorsaam het, het daardie 10 kinders dalk nog geleef.
As die taxibestuurder net die padreels wou gehoorsaam, sou daar nie vandag 17 lyke uitgeken moes word nie... en so kan 'n mens aangaan.
Niemand stop by hierdie stopteken voor my deur nie. Nie die taxibestuurder nie, ook nie die gewone bestuurder nie, nie eens die wetstoepassers nie en hier was al baie ongelukke.
Ek wil dus 'n beroep op alle padgebruikers doen en by julle pleit: Kom ons gehoorsaam die padreëls en spaar so lewens. Kom ons raak weer trots daarop om onsself wetsgehoorsame burgers te noem en kom ons weerhou onsself om in dieselfde wetteloosheid te verval waaraan ons leiers so dikwels skuldig maak.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.