Herman Toerien

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Protesaksie raak meer gewelddadig

deur Herman Toerien
2011-08-19 07:40

Elke jaar, tydens die stakingseisoen, is daar voorvalle van geweld. Dit sluit voorvalle van intimidasie, die omkeer van vullisdromme en vandalisme in.

Vanjaar, so lyk dit, is ‘n blaadjie uit die boek van die onlangse Britse betogings geneem en word die geweldsapek ‘n paar trappies verder geneem.

Hoewel die uitdrukking van die protes baie ooreenstem, is die grondliggende oorsake taamlik verskillend. Anders as in Brittanje, het hierdie stakers en oproermakers werk. Dit gaan in hoofsaak daaroor dat daar genoeg geld is om – soos die Volksblad dit in ‘n hoofartikel gestel het – vulgêre – verhogings en bonusse aan dikwels uiters onbekwame hoëlui te betaal.

Waar die loongaping in die munisipale sektor enkele jare gelede in die orde van 36 keer was, het dit nou na sowat 52 keer aangegroei. Terwyl daar ‘n morsige oop hand is vir diegene wat nie die boeke tot die bevrediging van die Ouditeur-generaal kan laat klop nie, is die hand taamlik toe vir die mense wat die wind en weer trotseer.

Elke jaar is baie lede van die publiek simpatiek oor die stakers se eise, natuurlik tot hulle hul begin wangedra.

Gister was daar op die Kovsiekampus ook onluste.

Die grondliggende oorsaak hiervoor is dat die rektor, prof. Jonathan Jansen wat na homself as swart verwys, na jarelange politieke spanning op die kampus studentepolitiek verbied het. Geen politieke party mag aan die komende studenteraadsverkiesing deelneem nie.

Dié verbod so erg dat Afriforum-Jeug, ‘n kulturele liggaam, ook nie op die kampus as studentevereniging mag registreer nie, en Afriforum het al met regstappe gedreig.

Tog het Sasco onlangs op Facebook begin spog oor hoe dit in die verkiesing gaan vaar, en basies reeds ‘n aantal setels in die sakkie het. Dit het die Vryheidsfront-jeug erg laat brom.

Intussen het Jansen op sy Facebook sy kinders – sy uitdrukking vir sy studente – aangeraai om op vorms waar ‘n mens se ras gevra word, ras dood te trek en bloot “mens” in te vul. Dit het hom dadelik die “titel” van coconut op die hals gehaal.

‘n Dag of wat later word busse vol ANC-jeugligalade, lede van die SAKP-Jeug en van die SA Raad van Kerke, aldus Volksblad, aangery om saam met ‘n groepie Sasco-lede te betoog en op Jansen en die UV-raad se afdanking aan te dring. Volgens die SABC het Sasco op die kampus hom van die gebeure gedistansieer. Jansen het gouer op Facebook gereageer as wat die UV amptelik iets uitgereik het, en gou ‘n wavrag steun op die blad gekry van wit en swart studente.

Volgens ‘n Facebook-inskrywing is ‘n polisieman met ‘n baksteen teen die kop gegooi. Vanoggend is daar talle berigte oor die geweld.

Die ironie is dat hierdie betogers – wat waarskynlik ‘n klein minderheid verteenwoordig – die rassevlam op die kampus aangesteek het deur ook die verbode Kill the Boer te sing en bewyse aan die UV-bestuur voorsien het dat die kampus nie gereed is om aan gewone politiek wat ‘n demokrasie onderlê, deel te neem nie. Op daardie ouderdom het hulle reeds stemreg om parlementslede en munisipale raadslede te kies, maar is te politiek onvolwasse om ‘n studenteliggaam te verkies. Dit mag ‘n klein minderheid wees wat die meerderheid hul basiese regte ontsê.

Studente is veronderstel om die leiers van môre te wees. Juis hulle behoort blootstelling aan die demokratiese prosesse te kry. Juis hulle word danksy die vrot appels daarvan gestroop.

En, soos die advertensie lui, dis nie al nie. Akademiese instellings moet owerheidsliggame van kundigheid voorsien en ondersteun. Maar nou is die TUT self onder administrasie geplaas.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition Tiptronic 3-dr
2005
R 175,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.