Ek doen nie gewoonlik die nuwejaarsvoorneme-ding nie, maar hierdie jaar het ek anders besluit.
Dis eintlik die dood van 'n familielid wat my aangespoor het om vanjaar erns te maak met my gesondheid.
Ek kyk so daarna: Ek wil graag eendag my kleinkinders sien, en wanneer hulle daar is, wil ek hulle geniet. Ek wil nie in 'n swak gesondheidstoestand wees en nie daarvan deel wees nie.
So hierdie jaar het ek besluit om 'n belegging in my toekoms te maak, en ernstig te begin oefen.
Soos ek dit sien kan ek altyd my geldsake verander, en ek kan iets doen aan my ander doelwitte, maar my gesondheid is iets wat net oor die lang termyn verander kan word.
As ek in tien of twintig jaar gesond wil wees, sal ek vandag daardie belegging moet maak.
So die nuus is uit: 2013 is die jaar wat ek gesonde besluite begin maak!
En dié is nie sommer een of ander dieet-voorneme nie. Ek sien dit as 'n belangrike stukkie van die legkaart van my lewe. Ek kan al die geld in die wêreld hê, en 'n aftreefonds wat skrik vir niks, maar as ek nie gesond genoeg is om dit te geniet nie, beteken dit nie veel nie!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.