Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Simon Riekert
 
Menings: 2
Artikels gelees: 193
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Geluk WP!

29 October 2012, 15:22  - Simon Riekert

2012 se Curriebeker staan na 11 jaar weer op Nuweland... net vir ‘n rukkie, want politiek het al weer die rugbyterrein betree en die hele WP-kaboedel moet oortrek na die nuwe sokkerstadion in Groenpunt.

Die aankondiging kon ook nie op ‘n meer gelee tyd vir die Blazer Brigade kom nie; kort na die euforie van die oorwinning

Hoe dit ookal sy, die WP was waardige wenners op die dag teen ‘n Sharks span wat nooit uit tweede rat kon kom nie.

WP het by tye die tipe rugby gespeel wat ondersteuners van hul aartsvyande, die Bulle laat kwyl het. Selfs Victor Matfield het na afloop van die wen teen die Goue Leeus dit duidelik gemaak dat WP se rolmaal bewegings die knoop vir hulle sou kon deurhaak teen die Sharks. Dit het inderdaad gebeur. Die WP het die Sharks nooit die kans gegun om op die voorvoet te kom nie en teen halftyd was dit duidelik dat die WP in Durban was vir ‘n sakebesoek.

Eweneens geluk aan Jaco Peyper en sy kollegas wat ‘n hoogs emosioneel belaaide wedstryd goed hanteer het en Saterdag by die pas van hierdie WP-span op ‘n missie, gebly het.

Hierdie Curriebeker-jaar word dus afgesluit op die mees dramatiese wyse waarvoor gehoop kon word. Die leeue moed van ‘n WP-span vol jonges wie vir mekaar en die trui gespeel het, was opmerklik. Net so was Allister Coetzee ‘n waardige wenner wie na afloop van ‘n bloedneus- Superreeks, sy troepe kon herrangskik, motiveer en met sukses aanspoor.

Dit wil gedoen wees!

Die feit dat rugbykrag tans oorhel suide toe, na oorwinnings deur die senior span en die onder 19’s, is ‘n teken dat rugby in die Kaap kerngesond is. Vir eers is vergete die skindertonge wat geklap het oor klubs se dwarstrekkery, onmin in bestuursgeledere en ‘n minderwaardigheid wat wou-wou inkruip in die span se vermoe om punte aan te teken anders as met die skopskoen.

Hierdie was voorwaar ‘n underdog storie met ‘n goeie einde.

Coetzee en sy afrigtingspan se benoude boude met moeë en gekrokte Springbokke soos Jean de Villiers, Schalk Burger, Andries Bekker en Tiaan Liebenberg is eers vergete. Hy, wie saam met Jake White suksesvol was in 2007 se Drienasies- en Wêreldbeker-toernooie, het nou geslyp aan ‘n nuwe geslag van Siya Kolisi, Scarra Ntubeni en Marcel Braché.

Daar wag ‘n bloeitydperk vir die trotse unie, en terwyl die Lions en Sharks nog sit en wonder hoe hulle hierdie een verloor het, sal Coetzee en sy jong span glimlag oor afrigters wie gulde kanse deur hul vingers laat glip het.

Die Superrugby-seisoen is maar 4- en- ‘n- bietjie maande ver. Ons weet reeds dat die OP Kings se vooruitsigte vir die 2013 seisoen so dig soos seemis is. ‘n Ander span wie maar hul vakansieplanne kan kortknip en op die halflyn kan gaan uitkamp, is die Bulls. Dinge by Loftus krap en karring en lyk nie lekker nie. Net so is dit groettyd vir Johan Ackermann en sy manne wie sekerlik ‘n punt sou wou bewys in die Curriebeker seisoen, so hier kort voor hul winterslaap in die Super kompetisie van 2013.

Die WP is waardige kampioene. Anders as ander franchises het WP gewys wat dit is om in die besigheid van rugby, rugby jou besigheid te maak.

Hou hulle maar dop!
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
ChrisAkkedis
Hoekom lag jy vir my?

Ons behoort onsself te bevraagteken as ons die mense wat ons vreemd vind wil marginaliseer, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 142 keer gelees
Gelaai deur
DelusionBuster
Die krag van gebed: Wat is die fe...

Meeste gelowiges glo dat God gebede verhoor, maar op een van drie maniere. Dié leser meen gebed werk net in sekere gevalle... Lees meer...

40 menings 750 keer gelees
Gelaai deur
ChristovdM
Waaroor die histerie?

Waarom is daar mense wat vordering op wetenskaplike gebied as ‘n aanslag op die Christendom sien?  Lees meer...

35 menings 392 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

27 menings 1062 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 144 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

75 menings 977 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.