Spielberg

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Geen verskonings vir swak programme

deur Spielberg
2010-08-26 13:07

My probleem met TV in Suid-Afrika:

Hoekom lyk Suid-Afrikaanse programme altyd soveel swakker as dit wat jy in ander lande kry?

Tien jaar gelede was daar goeie verskonings gewees. Ons het nie die begrotings van die groter lande nie, wat beteken ons kan nie die beste beligting, lense en dekor inspan om goeie stories te skiet nie. Ons het ook nie die lang geskiedenis van Hollywood en daardie kultuur van films maak nie.

Die verlede het bewys ons kan darem goeie stories skryf, al het ons nie noodwendig die geld om dit goed te skiet nie. Onthou julle nog die treffers soos Die Sonkring, Ballade vir 'n Enkeling en Arende? Ons het definitief die talent op daardie vlak. Al het ons nie Hollywood se begrotings nie.

Maar wat is ons verskoning vandag? Digitale tegnologie het dit baie makliker gemaak om die faktor van begrotings te omsiel en iets groter as die lewe self te skep. Dit wat jy nie in die regte lewe kan bereik nie, skep jy op 'n rekenaar. Enigiets van stelle tot karakters. En dit het in elk geval baie goedkoper geword om stories te skiet. Alles is beter in die digitale wêreld, en dis makliker om iets goed te laat lyk, vir baie minder geld.

So hoekom sien ons nog steeds net sulke swak programme op ons skerms? My opinie is, die geld word op die verkeerde plekke gespandeer. Wanneer gaan die SABC ernstige geld begin spandeer op goeie plaaslike stories?

Hoekom word daar so baie geld op goed soos sokkerkaartjies en konferensies en ander goed spandeer, terwyl dit wat op die einde op die skerm verskyn so swak is?

Die SABC se groot doel is om vir ons programme van goeie gehalte te gee. Hulle doen dit nie.

As hulle dit nie kan doen nie, behoort iemand iewers 'n verandering te maak sodat mense in beheer is wat weet wat hulle doen.

In vandag se dae kan jy nie meer al die ou verskonings gebruik as jou programme nie goeie kwaliteit is nie.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

HONDA

Civic 1.8 LXi AT
2010
R 174,950.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.