Ek het 20 jaar gelede na Alberton verhuis omdat dit vir my ‘n netjiese voorstad was.
Die eilande was versorg en die sypaadjies netjies. Ons het van Robertsham verhuis, het tot aan die Wesrand op daardie stadium na huise gesoek.
Alberton het my aandag getrek en na die tweede besoek het ek tuis gevoel.
Al wat my op daardie stadium afgesit het was die rook in die wintermaande wat soos ‘n wolk oor Brackenhurst (x 2) gehang het.
Vandag is die rook nie meer so erg nie, maar ons strate, sypaadjies en middelmanne erg verwaarloos en moet ek sê amper ‘n vuil voorstad.
Dit is tog so jammer dat plekke so agteruit gaan. Dit is ongelukkig nie net die mense nie, maar die munisipaltiteite wat ook so agteruit gaan. Daar is geen instandhouding nie.
Hoe lyk die strate van jou dorp of stad? Is jy tevrede met die voorkoms van jou dorp se strate, of word dit deur rommel ontsier? Stuur jou foto's of storie na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.