'Gee meer rugby-kanale'
deur Nelis Prins
2012-02-20 15:15
DStv is onredelik teenoor rugbygeesdriftiges want indien jy 24 uur en soms drie kanale sokker wil kyk betaal jy sowat R250 per maand.
Alle internasionale en plaaslike sokker word ingesluit. Sou jy rugby wil kyk moet jy R570 per maand opdok.
Vat maar weg al die ekstra kanale en gee ons ons rugbykanale en ekstra soos die sokkergeesdriftiges betaal vir R250 per maand asseblief. Ons wil nie polities raak nie, maar baie pensionarisse is getroue rugby-ondersteuners en kan nie R570 per maand bekostig nie.
Asseblief DStv/ Multichoice help ons uit.
Is daar ander wat ook saamstem?
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.