‘Gautrein-bestuurspan kort ruggraat’
deur Francis Fourie
2012-02-02 13:15
Bestuurders van die Gautrein-busdiens staan weereens met die hef in die hand terwyl die gewone gebruikers aan die pen ry!
Die gebruikers wat 35-dag passe gekoop het bevind hulleself in 'n aardige posisie. Of jy maak maar vrede daarmee om van jou ritte te verbeur en ry met jou motor (as jy gelukkig genoeg is om dit te bekostig) of jy sit gestrand in die raffein sonder roeispane!
In beide gevalle slaan die Gautrein steeds munt uit die situasie. Of hulle busdiens verskaf of nie!
Betroubare publieke vervoer is geen grap nie; dit is 'n belangrike bestandeel vir 'n groeiende ekonomie te midde van ontuimighede in wêreld-markte.
Dit is tyd dat die Gautrein-bestuurspan beheer oor hulle busbestuurders kry! Ek sal verseker nie weer die fout maak om vir 35 dae te betaal nie.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.