Insake: Die rubriek ‘'n Goeie oog is goud werd in dié bedryf’
Ek wil net ’n lansie breek vir fotograwe, ek is self in my vrye tyd ’n amateur-fotograaf en doen wat ek doen uit die liefde vir fotografie.
As jy werklik belangstel om ’n goeie fotograaf te wees en ’n professionele diens te lewer, gaan jou toerusting jou in die omgewing van R100 000 kos. Hierdie geld moet op een of ander manier terug betaal word.
Dan kom jou tyd, jou vervoer onkoste, versekering op jou toerusting ens. nog by. Jy kannie bekostig om by ’n geleentheid op te daag met ’n mik-en-druk-kamera nie. En by troues kan jy onmoontlik nie al die nodige foto's neem as jy net een fotograaf is nie.
Jy moet ook ’n “backup” stelsel in plek hê vir as iets gebeur waar jou toerusting beskadig word. Ná so ’n fotosessie spandeer jy baie tyd om jou foto's te edit as dit nodig is.
Die sagteware vir hierdie editing begin by R8 000 tot soveel as R25 000 en soms meer. Jy kan onmoontlik nie ’n professionele diens lewer met "freeware" nie. Dan gaan dit op die einde oor jou naam. Elke foto wat ek neem, dra my naam en as ek slegte foto's neem gaan ek ’n slegte naam hê en niemand gaan van my dienste gebruik wil maak nie.
Dan is daar nog die die hele kwessie van kopiereg. Daar is miljoene mense wat misbruik maak van fotograwe se foto's sonder om hulle enigsins krediet te gee vir hulle werk!
Ek stem ook saam met die feit dat tariewe soms belaglik is. Ek voel elke fotograaf wat sy sout werd is, sal by sy kliënt presies uitvind wat hy/ sy nodig het, wat sy kliënt gedoen wil hê en wat sy kliënt kan bekostig.
Aan die ander kant kan die kliënt ook nie vyfster-diens verwag teen “budget” pryse nie. En dit werk regdeur die bedryf.
As ek ’n ordentlike produk wil hê, moet ek bereid wees om te betaal. Ek kannie by Mercedes instap met R20 000 kontant en dink ek gaan ’n nuwe Mercedes kry nie, maar dit sal ook onregverdig wees om R200 000 te betaal vir ’n 1978 VW Golf.
GESELS SAAM: Wat dink jy, hoeveel moet paartjies spandeer op ’n fotograaf vir hul troue? Is sommige troufotograwe net te duur? Hoeveel het jy spandeer? Vertel ons by terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.