Terwyl ek gisteraand sit en TV kyk, het ek weer besef dat tegnologie baie vinnig verander. Ek het ook begin dink aan Suid-Afrika se digitale migrasie-omskakelingsproses.
Die regering wil hê dat Suid-Afrika se TV-seine van analoog na digitaal moet omskakel. Dit sal mettertyd eis dat almal in die land nuwe TV's moet kry... Dit beteken ook geld, wat baie nie het, spandeer.
Mense sal waarskynlik tussen vyf en agt duisend rand vir 'n HD-TV moet opdok. Dan is daar ook nog 'n duisend rand vir die HD-dekodeerder.
Moet nie nog praat van die installering daarvan nie - dit sal waarskynlik nog 'n paar honderd rand kos.
Hierdie omskakeling sal diegene die meeste raak wat van die SABC-kanale en etv gebruik maak. En natuurlik die armes, wat reeds sukkel om daagliks kos op die tafel te sit. Hoe verwag die regering moet hulle dit bekostig?
Hierdie gaan 'n duur storie wees.
Tegnologie word al hoe duurder en gepaard met die stygende kos en brandstofpryse word dit nogal moeilik om elke maand te oorleef...
En dan is daar kinders wat hul ouers vir iPads en Blackberries vra vir Kersfees.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.