Ek besit nou twee maande ‘n Sony Reader en die toestel is net ‘n plesier – ek sal nooit weer terugkeer na gedrukte boeke nie.
Die toestel weeg so min dat dit slegs met een hand vasgehou hoef te word om gemaklik te lees.
Die Sony Reader is die grootste teenstander vir die Kindle en in elke land is daar ‘n Sony-boekwinkel, waar jy boeke aanlyn kan aanskaf.
Omdat die lettergrootte ingestel kan word, kan dit so gestel word dat elke sin gelees word met een oogopslag. Die e-leser maak ook nie jou oë moeg nie want daar word van elektroniese ink gebruik gemaak wat sag op jou oë is. Die battery-leeftyd is boonop meer as 100 uur en sonder om ’n geheuekaart in te sit kan die toestel ongeveer 1 200 Afrikaanse e-boeke stoor.
Wat fantasties is, is dat die e-leser met twee woordeboeke gelaai is, en deur net met jou vinger op die woord te druk word die betekenis verskaf. Die leser het met wi-fi toegang tot die internet en deur op ’n woord te druk neem die e-leser die gebruiker na die wikipedia-webbladsy van die term.
Wat ek die meeste geniet is die funksie as ek veelvuldige Afrikaanse e-boeke lees wat onthou watter bladsy ek laas in ‘n spesifieke boek gelees het. Die e-leser het verskillende skakerings van wit en grys skermkleure wat beteken dat dit nie ’n tablet-rekenaar is nie, maar werklik ’n e-boek.
Die kundiges voorspel dat die digitale e-leser-mark deur tabletrekenaars oorgeneem gaan word soos deur die iPad.
Die Samsung Galaxy Tab is ’n slim keuse vir lesers wat ’n elektroniese biblioteek wil opbou! Die Samsung kan met die toepaslike programme alle e-boek formate lees.
Die voordele van ’n tablet-rekenaar is vanselfsprekend, maar daar is ook nadele in vergelyking met ‘n e-leser:
* die tablet-rekenaar is duurder en weeg meer,
* die e-leser is sagter op die gebruiker se oë en,
* gebruikers wat e-boeke lees rapporteer dat hulle konsentrasie gereeld onderbreek word deur funksies van die tablet-rekenaar, soos byvoorbeeld e-pos wat opdaag.
Tog is tabletrekenaars die boek van die toekoms!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.