Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend van der Merwe
 
Menings: 4
Artikels gelees: 483
 
 
Jongste kentekens:
 
 

'Dink mans meer logies as vroue?'

24 August 2012, 15:18  - Barend van der Merwe

Volgens ’n onlangse artikel wat ek gelees het beweer ’n kliniese sielkundige dat die Meyers Briggs-persoonlikheidstoets (MBTI) daarop “dui dat mans ‘denkend’ en vroue ‘gevoelsmense’ is”.

Ek het hierdie ding nou absoluut fassinerend gevind. Ek reken ek het die reg om met hierdie Meyers Briggs-persoonlikheidstoets te verskil. Maar nou voel ek nie baie seker van myself nie. Want dit is ’n regte egte shrink wat hier aan die woord is. ’n Kenner. Wie is ek? Die artikel gaan verder en sê dat “Mans en vroue kan daarby baat om boeke soos John Grey se Men are from Mars and Women are from Venus saam deur te lees. ‘Hierin word tipiese manlike en tipiese vroulike gedrag verduidelik en hanteringsmeganismes voorgestel.’”

Nou, ek sal nie sover gaan om te beweer dat daar geen verskil tussen die manlike en die vroulike geslag bestaan nie. Dit sou ’n absurde bewering wees. Maar ewe absurd is die verskynsel om die verskille tussen die geslagte te oorbeklemtoon en te verabsoluteer. Daar is, wat my betref, veral sommige teaterproduksies wat hierdie dinge uitbuit en volgens my oordeel swaarverdiende geld uit mense wurg met dinge wat niks anders as leuens is nie. Al wat ek vra is, is daar régtig só baie verskille tussen ’n tipiese man en ’n tipiese vrou? Is die mens se basiese behoeftes nie maar universeel nie?

Ek glo dit is júís deur die seksisme van ons voorgangers, deur die stereotipering van ‘manlikheid’ en ‘vroulikheid’, dat ons met hierdie populêre gedagtes rondloop dat dit hoofsaaklik mans is wat ‘logies’ dink en dat dit hoofsaaklik vroue is wat ‘gevoelsmense’ is en minder met hulle koppe dink. Ék dink dit is totale nonsens. Daar mag miskien ’n mate van waarheid daarin steek. Daar mag goeie bewyse wees wat die sielkundige kan aanvoer. Daar mag hope en hope data wees wat hierdie bewering steun, maar waarlik, laat ons maar liewer versigtig wees om hierdie dinge te verabsoluteer.

Ek wil veral twee verdere opmerkings oor hierdie saak maak. Nommer een is dat ons moet onthou dat vroue histories aan die kortste ent getrek het wanneer dit by opleiding kom. En dan is vroue ook gestereotipeer. Sekere werk, veral daardie kille meganiese beroepe wat verál staatmaak op logika, dinge soos motorwerktuigkunde, ingenieur of loodgieter, dit is alles beroepe wat in die verlede uitsluitlik deur mans gedoen was en derhalwe was dit mans wat hierin opgelei is en die reputasie van mans as ‘logiese’ denkers is daardeur gepopulariseer.

Interessantheidshalwe, wie leef tipies langer, mans of vroue? Wie eet tipies gesonder, mans of vroue? En dan wonder ons wie dink méér logies as dit by lewensstyl kom, mans of vroue?

Is dit nie so dat mans die vroulike geslag gruwelik stereotipeer nie? Is dit nie so nie dat dit oorwegend máns is wat pornografie kyk terwyl dit oorwegend vroue is wat aan kletskamers op die internet verslaaf raak? Is dit nie so dat pornografie die méés vertroebelde beeld is van seksualiteit wat daar moontlik kan wees nie? Waar lê die logika dan nou?

En is dit so dat dit ‘minder logies’ is om ’n groter behoefte te hê aan emosionele intimiteit as aan fisieke intimiteit? Ek meen, om seks te hê is redelik vinnig verby in vergelyking om dag na dag saam met iemand te moet leef en kinders saam groot te moet maak…

Al wat vir my oorbly, al wat ek oor wonder, is dat ek nou vir die sielkundige sal wil vra, is dit régtig, is dit régtig égtig so dat mans meer ‘logies’ dink as vroue? Of is ons nie maar heel dikwels besig om onsself te bluf deur sulke dinge te sê nie? Is ons nie maar net besig om populêre menings te verabsoluteer nie?

Hierdie is ’n uittreksel uit een van Barend van der Merwe se blogs.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

10 menings 533 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 122 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

51 menings 537 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 238 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 240 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

119 menings 2301 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.