Terwyl ek vanoggend met die trein ry werk toe, hoor ek hoe twee vroue gesels oor hoe die kinders van vandag "nie meer kinders is nie".
Die een vrou vertel toe hoe sy basies haar 12-jarige dogter moet betaal om haar te help skottelgoed was en selfs haar eie bed op te maak. Hoe skokkend, dink ek, want op daardie ouderdom moes ek al my eie skoolhemp kon uitwas – en reg ook.
Sy het ook vertel dat die bure se 14-jarige dogter onlangs die lewe geskenk het aan 'n baba na wie haar ma nou moet omsien. Die meisie is skoonveld en haar ma is elke naweek dronk.
Ek kon regtig nie help om jammer te voel nie, maar terselfdertyd het ek gewonder waar die dae was wat popspeel nog hoogmode was, jy met jou ma se hoëhakskoene en krale die hele huis volgepronk het en kêrels eers ná matriek moes kom kuier.
GESELS SAAM: Hoe verskil jou kinders van die dae toe jy kind was? Deel jou mening hier.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.