Die berig oor die vrou wat dood is nadat sy 'n skoonheidsbehandeling ondergaan het, is regtig skokkend.
Dit is vir my skokkend om te sien hoe ver mense sal net vir daardie stempel van "sy's mooi".
Is mense bereid om selfs met hul lewe te betaal vir dié stempel?
Die desperaatheid van sommige mense om te konformeer aan die normes van die samelewing is soms regtig skokkend.
Vir wie lewe jy nou eintlik? Lewe jy vir die persoon in die spieël, of die miljoene mense buite jou deur wie se goedkeuring jy wil wegdra.
Daar is niks op aarde wat jou sal mooi maak as jy nie mooi voel en dankbaar is vir hoe jy geskape is nie. Dit is net jammer dat sommige mense dit hopeloos te laat besef.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.