'Dié programme stel teleur'
deur Anti en Oom Huis van Davids
2012-02-06 13:06
Met verwysing na die berig van Gavin Prins oor KykNET herhaal g’n te veel wil ek ook net sê dat ek volkome saamstem met die beriggewer.
Ek het onlangs so ‘n bietjie self ondersoek ingestel en daar is baie ander kanale wat baie meer herhalings het as kykNET.
Die program wat deesdae op kykNET vertoon word – House of Davids/ Huis van Davids doen afbreek aan die gemiddelde Afrikaanssprekende kyker in dié opsig dat ons intelligensie gruwelik onderskat word.
In die eerste plek word daar so baie Engels gepraat, in die tweede plek het dit geen storielyn nie, alhoewel ons besef dit is ‘n realiteitsreeks en laastens die Davidse is só bewus van die kamera, dit maak hulle onsmaaklik om na te kyk.
Ek weet nie of kykNET probeer het om hulle die Suid-Afrikaanse weergawe van die Kardashians te maak nie, maar dit werk nie.
Daar was al verskeie klagtes aan kykNET gestuur, onder andere deur middel van sy Facebook-vriende, maar, behalwe vir vermanings om nié daaroor kommentaar te lewer nie, word daar niks aan gedoen nie.
Ek besef dat kykNET nie almal se smaak kan bevredig nie, maar hierdie program is uiterse swak kykstof, nie dat ek die Davidse hulle oomblik van glorie misgun nie, maar uit ‘n intelligente kyker se oogpunt.
Dié program word elke week ook op Mzansi, kanaal 107 gebeeldsend, wat volgens my die mees aangewese kanaal is om dit op te vertoon, aangesien duisende meer kykers bereik word omdat dit in goedkoper pakette ingesluit is.
Ek verneem graag wat ander lesers hieroor te sê het.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.