Ek het onlangs gelees dat die tweedehandse-voertuigbedryf deesdae baie beter vertoon as die handelaars wat splinternuwe voertuie verkoop.
Volgens die berig kan dit aan die moeilike ekonomiese tye toegeskryf word.
Ek het aan die begin van die jaar begin rondkyk vir 'n nuwe motor en dit het vir my moeilik geword om 'n ligte voertuig te vind wat steeds my sak pas.
Alhoewel ek eers skepties was, het ek besluit om die risiko te neem en 'n motor by 'n klein handelaar, wat tweedehandse voertuie verkoop, te kry.
Wat vir my indrukwekkend was, was die diens wat ek ontvang het. Binne 'n paar uur nadat ek die dokumentasie voltooi het, was die voertuig myne. Hulle het selfs 'n splinternuwe stel bande opgesit, die motor was silwerskoon binne en buite en daar was 'n halwe tenk brandstof ook.
Alhoewel ek my voertuig reeds meer as 'n maand het, kan ek dit steeds na hulle neem indien daar iets foutief is.
Dit lyk asof tweedehandse handelaars nou besef dat hulle so professioneel as moontlik moet optree indien hulle meer kliënte wil lok.
Ek sal beslis ander mense na my handelaar verwys.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.