Hoe leer ek my kind van integriteit, lojaliteit, selfrespek, respek vir ander, eerlikheid, regverdigheid, en vele meer?
My seuntjie (9) het vandat die skool begin het vir die derde kwartaal, elke middag na skool gaan krieket oefen. Hy het nie een oefening oorgeslaan nie. Ons het vir twee weke lank krieket geeët, drink en slaap.
Sy “meneer” is sy hero! Geen van die rugby spelertjies in sy ouderdomsgroep het krieket geoefen nie, want hulle het verlede naweek die finale rugbywedstryd gespeel vir die seisoen. So hulle het gefokus op rugby.
So het die naweek gekom en gegaan en vandag het my kind met ‘n stukkende hart en trane wat rol by die huis gekom. Hy is vandag uit die krieketspan gelaat, omdat die hele rugbyspan se kinders in die span is. Daar is vir hulle gesê om nou maar te gaan mini-krieket speel.
Wat moet my kind doen om ‘n regverdige kans te kry om homself te bewys? Ek het nog altyd gedink ‘n kind word volgens meriete in ‘n span gesit, wat blykbaar nie die geval is nie.
Hoe verduidelik ek hierdie onregverdigheid vir my kind? Hoe verduidelik ek aan hom dat hy steeds in my en sy pa se lewe die beste is, al is hy nie goed genoeg vir die skool se krieketspan nie? Hoe beantwoord ek sy vrae oor hoekom hy nie meer kan speel nie?
Hierdie rugbyspannetjie word die hokkiespan en die krieketspan. Hoekom probeer my kind dan nog? Watter meriete word gevolg met die kies van spanne?
Moet jy ‘n boelie wees, soos party van hierdie spesifieke rugbyspan-kinders wel is? Moet jy ‘n kind se arms vashou pouse sodat die rugby-fundi sy wind kan uitslaan? Moet jy liederlike taal gebruik teenoor jou mede skoliere/ klasmaats soos sommige van hierdie “mean” rubyspelers?
Dan is ek baie bly my kind voldoen nie aan hierdie vereistes nie.
Al wat ek weet is dat hierdie meneer nog jonk is, maar hy gaan ook trou en kinders hê en die voorreg hê om eendag vir sy kind die onregverdigheid van die lewe te probeer regverdig as hy geweeg en te lig bevind word. Meneer, jy het my kind se hart gebreek!!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.