Dié ateïs-karakter is ‘n onbillike stereotipering
deur Delusion
2012-02-20 07:45
Dana Snyman, jou ateïs-karakter (Fanie) is naïef en wreed. As hy regtig bestaan, is hy ‘n skande vir mede-ongelowiges.
‘n Dweperige mens met swak interpersoonlike vaardighede wat dit goed dink om sy dierbare bejaarde ma se mat onder haar te probeer uitruk. Vir wat?
Nee, die verre meerderheid ongelowiges is doodnormale mense met goeie waardes. Tog moet ouens soos ek steeds onder ‘n skuilnaam skryf. Volgens die 2011 American Values Survey word ateïste deur ‘n yslike meerderheid steeds beskou as goddelose heidene wat nie vertrou kan word nie. Slegte, immorele goed waarmeen mens nie besigheid behoort te doen nie, of jou kinders kan aan toevertrou nie.
Of soekend en onvergenoegd is, of Fanie-agtig is...
Ja, daar moet vrot appels onder ons wees, maar sien dit so dat slegs 1% van die VSA se tronkpopulasie ateïste is terwyl sowat 93% van die Academy of Science ongelowig is.
Probeer aanvaar dat ons verstande eenvoudig nie bedraad is om in hierdie tye onwrikbaar te glo in enige van die sowat 2 500 bekende gode wat die mensdom al uitgedink het nie, sonder dat dat ‘n greintjie bewyse daarvoor bestaan nie.
Vandag weet ons vir ‘n feit dat die Bybelse weergawe van ‘n skepper, ‘n skepping, waar ons vandaan kom asook ons planeet se herkoms en ouderdom vals is. Trouens, dit druis loodreg in teen al die modern bewyse tot ons beskikking.
Ons gun julle om te glo wat julle wil met 3 versoeke:
1) Hou jul kultus of dogma uit die wetenskap klaskamers.
2) Moenie verbaas of teleurgesteld wees as ons nie inkoop in hierdie delusie nie. Om opreg te glo of nie, is nie ‘n vrywillige keuse wat mens kan uitoefen nie.
3) Deur die eeue heen het gelowiges besluite gemaak en aksies geneem op grond van jul geloof in denkbeeldige karakters. Maak maar steeds so, mits dit nie die mensdom benadeel nie.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.